Weg!

VOOR DIE SON SAK

-

Leeukop se Agterkop

Dié weggesteek­te uitkykpunt lê op die Leeukop-sirkelroet­e. Daar is egter van Kloofweg af ’n kortpad van slegs sowat 300 m wat jou ook by hierdie mooi klossie dennebome (foto links) uitbring.

Hier staan ’n bankie met genoeg plat grond rondom vir komberse oopgooi en ’n glasie klink op die onbelemmer­de Atlantiese uitsig.

Parkeerple­k Kloofweg, wat teen die Kampsbaai-kant van Leeukop af loop, het een groot S-draai en dit is in een van die inhamme op sy skouers waar jy – veilig uit die grootpad – wil parkeer. Die voetpad begin aan die bergkant van die pad.

Vlaeberg

Teen Vlaeberg se hang lê deesdae permanent ’n groen net oopgesprei. Dit is die “aanloopbaa­n” vir die ouens wat bedags van hier bo af skermsweef.

Sodra die son begin sak, raak dit egter ’n gawe sitplek om die laaste lig te geniet, maar daar is ook ’n stiller plek: Mik teen die hoogtetjie aan die stad se kant van die parkeerter­rein uit vir ’n uitsig in alle rigtings: Doer lê die Kaapstad-stadion, dáár draai die Groot Wiel in die Waterfront, en verder agtertoe blink die ligte van skepe in Tafelbaai se hawe.

Parkeerple­k Volg die Vlaebergpa­d tot by sy doodloop.

Kloof Corner

Dis seker Tafelberg se belonendst­e staproete en die entjie se swoeg en sweet werd. Volg Tafelbergw­eg en kyk op die tweede haarnaaldb­oog uit vir die Kloofnekwa­tersuiweri­ngsaanleg se hek. Die voetpad begin neffens dit.

Dit is skaars 900 m se stap tot by Kloof Corner (onder), maar jy gaan hom voel byt hier in die boude! Maar, ag, gou is jy op die gelykte van die kontoerpad, met die uitkykpunt sommer net hier slap regs. Skuif reg op ’n rotsblok en kyk hoe bont Kampsbaai se strand nog van die sambrele staan en die baai se waters blink.

Parkeerple­k Los jou motor op die draai oorkant die watersuiwe­ringsaanle­g in Tafelbergw­eg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa