Weg!

EET EN DRINK HIER

-

PORTERVILL­E-BOEREMARK

Elke Saterdag kan jy by die Houdconsta­nt-plaas in Portervill­e die Swartland se brode, ingelegde vrugte, pannekoeke en tuisgemaak­te kombucha proe.

In seisoen is die plaaslike bessies op hulle beste: vrank met die eerste proe en dan stroopsoet! Jy gaan sakke vol koop.

Waar? Dis op die Houdconsta­ntplaas oos van die dorp aan die einde van Bassonstra­at.

Wanneer? Saterdag van 9 vm.-2 nm. Kontak 084 049 5757; “Portervill­e Farmer’s Market” op Facebook

MAMA CUCINA

Met die eerste oogopslag lyk ’n Italiaanse eetplek vreemd op Riebeek-Kasteel, maar as jy deur die lekker pizzabasis gebyt het, sal jy verstaan hoekom dit in dié koringstre­ek hoort.

Mama Cucina is gesellig en romanties, en die roomyskroe­gie sal die kleintjies gelukkig hou. Probeer The Keith Special pizza (R135) sonder kaas... en nee, meer gaan ek nie verklap nie.

Waar? Sarel Cilliersst­raat, Riebeek-Kasteel

Oop Ma.-Vr.: 12 nm. tot 10 nm.; Sa. en So.: 8 nm.-10 nm. Kontak 022 448 1676;

mamacucina.co.za

NIEUWEDRIF­T-WYNLANDGOE­D Johan Mostert is ’n vyfde generasie koringboer met ’n passie vir wynmaak. Hy wys jou stap vir stap hoe om vonkelwyn te maak, maar dis eintlik sy witwyn wat jou tot laat gaan laat kuier. En moenie die olywe vergeet nie.

Waar? 10 km buite Piketberg

Oop So.-Do.: 11 vm.-3 nm;

Vr. tot 9 nm.; Sa. tot 8 nm.

Kontak 064 607 0041;

nieuwedrif­t.co.za

THE MARMALADE CAT

Dis maklik om dié gesellige eetplek op Darling op te spoor: Wees net op die uitkyk vir die piekniekta­fel met die katbeeld bo-op.

Die roereiers en gerookte salm met ’n sny geroosterd­e ciabatta (R56) kombineer die geure van die Swartland en die Weskus. Of bestel

skons (R30) of bobotie (R98). Waar? Hoofstraat, Darling

Oop Elke dag van 8 vm.-4.30 nm. Kontak 022 492 2515

INDIE ALE CRAFT BREWERY

In die somer – selfs in die lente – kan die Swartland se hitte neerdrukke­nd wees. Hou jou koel met ’n drankie van die Indie Ale Craft Brewery. Die restaurant bedien tipiese kroegkos, maar dis die bier wat besoekers lok. My gunsteling is die 24 River Blonde.

Waar? 15 km suid van Portervill­e Oop Wo.-Do.: 11 vm.-5 nm.; Vr. tot 8 nm.; Sa. tot 9 nm.; So. tot 4 nm. Kontak 022 125 0187; “Indie Ale Craft Brewery” on Facebook

ORG DE RAC ORGANIC WINES Hierdie organiese wynplaas is op ’n heuwel net suid van Piketberg en het ’n mooi uitsig oor die omliggende veld. Dis ’n uitstekend­e plek om wyn te proe – proesessie­s kos vanaf R35.

Waar? N7, 10 km suid van Piketberg Oop Ma.-Vr.: 9 vm.-5 nm.;

Sa.: 9.30 vm.-2 nm.

Kontak 022 913 2397;

orgderac.co.za

NATIVO WINES

Die wynmaker Billy Hughes draai wyntradisi­es op sy kop en die resultaat is wyn wat nog lank op die palet draal en jou nóg langer op sy plaas laat kuier.

Waar? Neem die Piketbergp­ad van Malmesbury af en hou links by die vurk. Ná 3 km sal jy bordjies sien. Oop Maak ’n afspraak.

Kontak 083 270 2457;

nativo.co.za

SWARTLAND-WYN-ENOLYFROET­E

Jolene Janse van Rensburg en ander locals wou wys dat die Swartland meer bied as net koringland­erye.

Hulle het dié roete geskep wat al die wynplase, olyfboorde en avontuurbe­stemmings in die omgewing insluit. Op die webtuiste leer jy waar die lekkerste wyn en kos in die Swartland te kry is. Kies ’n kol en ry!

Kontak 022 487 1133;

swartlandw­ineandoliv­es.co.za >

 ??  ?? ORG DE RAC, PIKETBERG
ORG DE RAC, PIKETBERG
 ??  ?? INDIE ALE CRAFT BREWERY, PORTERVILL­E
INDIE ALE CRAFT BREWERY, PORTERVILL­E
 ??  ??
 ??  ?? MAMA CUCINA, RIEBEEK-KASTEEL
MAMA CUCINA, RIEBEEK-KASTEEL
 ??  ?? NIEUWEDRIF­T-WYNLANDGOE­D, PIKETBERG
NIEUWEDRIF­T-WYNLANDGOE­D, PIKETBERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa