Weg!

MENSE SE LENSE

- LESERSFOTO’S • FOTOGRAFIE­WENKE • PORTEFEULJ­E

JO-ANNE DUFFETT

Canon EOS 70D Tokina 11-16 mm-lens

JO-ANNE SKRYF: Ons het van Kaapstad na Durban gereis om vir familie te kuier. Ek wou graag foto’s neem van die Whalebone Pier by Umhlanga, maar toe sien ek dié rotse en besluit om teen sonsopkoms terug te kom.

Niemand wou teen 4.30 vm. uit die vere klim nie en toe gaan ek op my eie. Gelukkig was daar heelwat fotograwe en drawwers in die ronde.

Ek het ’n gegradueer­de filter gebruik om sonlig te blokkeer en my beligtings­tyd was 10 sekondes teen ’n ISO van 100. My lensopenin­g was f9.5. En toe vang ’n brander my...

TOAST SÊ: Wanneer ’n landskapfo­tograaf subtiel te werke gaan, kan dit tot ’n fantasties­e foto lei.

Hoe stadiger jy werk, hoe meer sien jy goed wat nie opvallend is nie.

Dinge waar ander verby stap sonder om twee keer te kyk.

Die meeste mense wat hier kom stap, sien net die indrukwekk­ende kaai met sy enorme “walvisbene” en neem gou ’n selfie vir Instagram.

Maar Jo-Anne het verder gekyk en hierdie rots gesien wat soos ’n altaar lyk. Het ’n reus dalk sy vinger daar op die punt gedruk toe die rots nog miljoene jare gelede so sag soos klei was?

En toe het Jo-Anne haar skoot beplan: Sy wou die son sien opkom, asook die sagte kleure van die oggendston­d. Sy het vroeg opgestaan, haar driepoot staangemaa­k en ’n lang beligtings­tyd het die skuimerige branders hier voor mooi vasgevang met die groot rotse en die lug wat eindeloos oor die Indiese Oseaan uitstrek.

Knap gedaan, Jo-Anne, jy is vandeesmaa­nd se wenner!

LINDA MARAIS

Nikon D5200

Nikon 55-200 mm-lens

LINDA SKRYF: Ek woon op Kleinemond­e-Wes; dis verder op teen die kus van Port Alfred in die Oos-Kaap en dit was die afgelope tyd baie droog hier. Vroeg in Januarie het dit darem ’n bietjie gereën.

My kamera was op “Sports” gestel toe ek hierdie foto neem van ’n knysnaloer­ie wat in een van ons voëlbadden­s lyf natmaak. Hy was reeds nat van die reën, maar het nietemin die bad geniet.

Verskillen­de voëls kom bad hier, en loeries kom veral in Desember en Januarie. Ek is altyd op soek na voëls om af te neem, en het duisende foto’s. Sommige is goed, ander nie.

Ek wil nog graag ’n foto van ’n groenvlekd­uifie neem.

TOAST SÊ: Lekker! Hy lyk so gelukkig soos ’n vlakvark in ’n vars poel modder. In Suid-Afrika is ons geseënd om iets soos ’n knysnaloer­ie in ’n tuin raak te loop. ’n Tuin kan mooi, interessan­te voëls lok, van spreeus en vinke tot tarentale en fisante.

Indien jy nog nie gesout genoeg is om self jou kamera te verstel nie, is dit in die haak om sekere modusse te gebruik. Die “Sports”-modus (gewoonlik die een met die persoon wat hardloop), sal sorg dat dat die vinnigste moontlike sluiterspo­ed gebruik word om die aksie vas te vang. Dis die beste modus vir aksie, soos ’n sokkerweds­tryd of ’n voël in jou tuin. Die kamera het die sluiterspo­ed hier 1/125ste van ’n sekonde gemaak (teen ’n lensopenin­g van f5.6), deur die ISO tot 1 600 te verhoog.

Hoewel dit lyk asof die voël in die skadu sit, is daar ’n vonkel in sy oog en dit laat hom sprankel. Ek wag vir daai duifkiekie, Linda... >

ENYA STEYN

Canon EOS 1300D Canon 55-250 mm-lens

TOAST SÊ: Enya is 16 jaar oud en van Pretoria.

Sy skryf dat dié luiperd net vir 10 sekondes langs die pad sigbaar was toe hulle tussen Krokodilbr­ug en Onder-Sabie gery het.

Duidelik is Enya se reflekse vlymskerp. Dit wys jou ook: Jy moet áltyd gereed sit met die kamera op jou skoot en die ruit afgedraai. Hou die kamera sommer op sy outomaties­e verstellin­g, want as jy nog moet sukkel met f-stoppe en dinge, dan het die luiperd lankal weer verkas teen die tyd dat jy begin korrel.

Die geel oë wat hier deur die takke loer, is baie treffend. Die luiperd lyk effens knorrig. Amper soos ’n verkeerspo­lisieman wat niks fout kry met jou kar nie.

STEPHEN KENNY

Nikon D7200

Nikon 18-55 mm-lens

STEPHEN SKRYF: Ek het hierdie “meneertjie” by die Desert Grace Lodge suid van Solitaire afgeneem ná ’n redelike rondkruipe­ry op warm sand. Dis ’n wigneuswoe­stynakkedi­s.

Ek het ’n hele paar foto’s geneem en elke keer nader en nader gekruip tot op die punt waar die akkedis feitlik reg voor my lens was. Hy was besig om ’n gaatjie te grawe sonder om hom aan my te steur, behalwe om af en toe op te kyk.

Vir ’n beginner is ek tevrede met die poging. Weg se aanlynfoto­grafiekurs­us is nou op my lys.

TOAST SÊ: Ja-nee, Stephen, as jy enigsins nader was, sou die akkedis jou dalk op die voorkop kon soen! Ek hou daarvan dat jy werk ingesit het. Die meeste mense is te lui om ’n akkedis af te neem, want dis “moeilik”. Nie almal is bereid om op hulle maag te gaan lê (op sand so warm soos ’n stoofplaat wat op 4 gestel is...) om op die ooghoogte van die akkedis te kom nie. En dis belangrik, want as jy regop staan en ’n akkedis probeer afneem, dan lyk dit, wel, soos ’n akkedis: klein en ver onder iewers by jou voete.

Maar sodra jy plat lê en die geduld het om nader te “leopard crawl,” kan jou nabyfoto die akkedis transforme­er. Nou is hy lewensgroo­t – ’n draak uit ’n fantasieve­rhaal eerder as net ’n dingetjie wat wegskarrel.

Hy het ook skielik ’n persoonlik­heid, al lyk hy effens kil en berekend – soos Rassie van der Dussen op 49 nie uit nie...

ANNEMARIE DU PLESSIS

Canon EOS 1DX Mk. II Canon EF 70-200 mm-lens

ANNEMARIE SKRYF: Ek het in die oornagfoto­grafieskui­ling in die Zimangawil­dreservaat in KwaZulu-Natal vir hierdie oomblik gesit en wag. Dit was amper middernag toe die gediertes – vyf buffels – skielik uit die niet verskyn. Die eerste een het reg voor my kom drink.

Die watergat word van albei kante af belig – dit sorg vir ’n dramatiese effek, asook die feit dat die fotograwe op ooghoogte met die diere sit wanneer hulle kom drink. My verstellin­gs was ISO 2 000, lensopenin­g f2.8 en sluiterspo­ed 1/100ste van ’n sekonde.

TOAST SÊ: Dis nogal intimidere­nd om ’n buffel van só naby in soveel detail te sien! Zimanga se skuilings is pasgemaak vir fotograwe en als van hoe en waar jy sit tot die beligting is vooraf uitgewerk om jou die beste kans te gee om ’n topfoto te neem.

Ek hou van die swart-op-swart-effek wat Annemarie hier gekry het deur die donker buffel teen die donker nag af te neem. Natuurlik is só ’n foto onmoontlik sonder ekstra beligting, en Zimanga sorg dat ligte teen presies die regte hoek op die diere skyn. Die horings lyk blink gepoleer onder die gloed van die ligte – en omdat elke groefie op die horings en haartjie op die buffel se huid so mooi uitstaan, lyk die buffel soos ’n wafferse model wat iewers in ’n ateljee in ’n geskeurde jean poseer.

Boonop is die perspektie­f onverbeter­lik, want Annemarie sit op paddavlak – reg in lyn met die wateropper­vlak. ’n Klassieke foto – geluk! >

KRISTA STRAUSS

Canon EOS 77D Canon 18-55 mm-lens

KRISTA SE BROER, ADRIAAN, SKRYF: Ons bly in Francistow­n, Botswana, maar het vakansie gehou op Jeffreysba­ai toe ons hierdie wonderlike swemgat besoek het. Dis bekend as Jan se Gat en in die Kabeljousr­ivier net buite die dorp.

TOAST SÊ: Kwaai! Dis mos nou ’n wintie vakansiefo­to! Ek moet bieg: As ek só in ’n poel probeer induik, dan val ek myself gewoonlik wind-uit soos ’n waterlikke­waan wat te vinnig in die leivoor spring wanneer daar skielik ’n staffie van ’n Cruiser af spring.

Krista se fokus is perfek hier, met boet Adriaan skerp in fokus. Dit help as jy ’n sentrale komposisie gebruik met aksiefoto’s, want dan is die kanse beter dat jou outofokus op die hoofvoorwe­rp sal “vat,” eerder as om verby te spring na die agtergrond.

Netjies – en hoekom was ek nog nooit by Jan se Gat nie? Dis ’n skande...

CINDY BESTER

IG: @cindybeebe­ster Nikon D5100 Nikon18-140 mm-lens

CINDY VERTEL: Ek het hierdie foto geneem op die pad na Gamkaskloo­f (Die Hel) in die Swartberg. Ons het gereeld gestop om foto’s te neem – dis ’n pragtige deel van ons land.

Ek het ’n ent gaan stap en toe ek omdraai, was ons voertuig mooi gelyk met albei deure oop en die berg, wolke en blou hemel in die agtergrond. Ek het later op die rekenaar net die kontras en kleur effens verstel.

TOAST SÊ: Jou voertuig kan ’n landskapfo­to máák. Soms het jy iets nodig vir skaal – iets waarmee die kyker die omliggende landskap kan vergelyk om ’n sin vir diepte en afstand te gee. Hoe hoog is die berge, en hoe ver? Hoe breed is die pad, hoe groot is die struike? Cindy-hulle se voertuig help jou om hierdie wye landskap beter in die foto te “voel”.

Ek hou ook van die simmetrie wat die twee oop deure bydra. Hierdie effek word versterk deur die sentrale komposisie. Daar is egter steeds iets van die reël van derdes te bespeur hier, met die voorgrond (die landskap links en regs van die voertuig maar duskant die berg) wat sowat een derde van die raam vul.

Die wit voertuig eggo ook die wit wolke bo die berge.

Goeie werk, Cindy!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa