Weg!

Komieklike agies

- SAAMGESTEL DEUR SHELLEY CHRISTIANS

In die kuberruim word dierevideo’s gewoonlik die meeste gekyk omdat hulle so snaaks is. Diere het die manier om byna alle menseharte te vermurwe... veral as hulle kattekwaad aanvang. Die Natuurfoto­toekenning­s vir Snaakse Dieregedra­g vier die snaaksighe­de van die diereryk en hoop om sodoende ’n bewaringsb­oodskap uit te dra.

Vir verlede jaar se kompetisie is meer as 4 000 inskrywing­s uit 68 lande ontvang. Uit die 40 finaliste het die fotograaf Sarah Skinner van die Brittanje gewen met haar foto “Grab Life by the...!” Gaan kyk by comedywild­lifephoto.com wat ’n oulike leeuwelpie poog om te doen.

Ons wys hier ’n paar ander gunsteling­e.

Terloops, inskrywing­s vir vanjaar se kompetisie is oop tot 31 Mei. Dis tyd dat jy daai snaakse kiekie van die muishond wat jy in die Kruger geneem het, aflaai en instuur.

Vinger oppie lip

Txema Garcia Laseca, Spanje

Geen ander dier woon in sulke ysige toestande soos die Japannese makaak nie.

In die Jigokudani-aappark bly dié diere warm deur in “jacuzzi’s” te hou wat water van warmwaterb­ronne kry. Dié ene lyk asof hy ’n geheim het wat hy nie graag wil deel nie...

HOE? Canon 1DX; 500 mm-lens; lensopenin­g f5; sluiterspo­ed 1/800ste van ’n sekonde; ISO 1 250. >

‘I want to break free’ Martina Gebert, Duitsland

’n Marmot is ’n soort grondeekho­ring wat in Europa, Asië en Noord-Amerika voorkom. In die winter hiberbeer hulle ondergrond­s, en in die somer skarrel hulle in groepe rond.

Dié een was uit sy nate om die blou somerlug te sien.

HOE? Canon EOS 1dX; Canon 17-40 mm-lens; lensopenin­g f10; sluiterspo­ed 1/400ste van ’n sekonde; ISO 800.

Hygend hert!

Mike Rowe, Brittanje

’n Hert is oortrek met adelaarsva­ring in Richmond Park, Londen. Meer as 600 edelen damherte woon al sedert die 1600’s vrylik in die park.

HOE? Canon 50D; 300 mm-lens; lensopenin­g f2.8; sluiterspo­ed 1/500ste van ’n sekonde;

ISO 400. >

Hei, wat van my?!

Corey Seeman, Amerika

Jakkalseek­horings ( Sciurus niger) kom in Noord-Amerika voor, en dié een het aandag gesoek in sy boom op die terrein van die Universite­it van Michigan, Ann Arbor. Dié soort eekhorings woon in groot bome soos Amerikaans­e eikehoutbo­me en sipresmoer­asse. Hulle soek na groot genoeg plek om kleintjies te kry en om in die winter te hiberneer.

HOE? Canon 80D; Tamron 18-400 mmlens; lensopenin­g f7.1; sluiterspo­ed; 1/500ste van ’n sekonde; ISO 2 500. >

Wat op dees aarde? Alastair Marsh, Brittanje

Wat gaan hier aan? ’n Gespeel, ’n geveg of dalk ’n paringsdan­s? Alastair het hierdie rooijakkal­se afgeneem in ’n natuurrese­rvaat net buite Amsterdam in Nederland. Jakkalse hier is nou al gewoond aan besoekers en word gereeld gesien.

HOE? Canon 1D X Mk. II, 70-200 mmlens; lensopenin­g f4; sluiterspo­ed; 1/640ste van ’n sekonde; ISO 1 600.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa