Weg!

Kerrievisk­oekies

-

Maak sowat 24 koekies Bereidings­tyd 35 minute Gaarmaakty­d 15 minute

Kerrievis is ’n Paastradis­ie. Hier’s ’n manier om kerrievis te rek.

Jy benodig

• 3-4 groot aartappels, geskil en

in blokkies gesny

• ’n knippie elk bakpoeier en sout • 3 eetlepels warm room

• 500 g gekoopte kerrievis met sous (ons het Woolworths s’n gebruik)

• ½ koppie meel

• 2 eiers, geklits

• 1 koppie droë broodkrumm­els • olie vir vlakbraai

Só maak jy

1 Kook die aartappelb­lokkies in soutwater tot net-net sag. Dreineer en plaas dit terug op die hitte om droog te stoom. Roer die bakpoeier, sout en room by en druk die aartappel fyn met ’n vurk of aartappeld­rukker om ’n stywe kapok te maak. Laat dit afkoel.

2 Skep die vis uit die kerriesous (hou die sous eenkant) en vlok die vleis met twee vurke. Meng die fyn vis deur die kapokaarta­ppel. Hou die verhouding dop – jy wil dubbel soveel aartappel as vis gebruik, maar nie meer as dít nie.

3 Verdeel die aartappelm­engsel in 24 ewe groot happiegroo­tte bolletjies. Druk die bolletjies effens platter en rol dit dan eers in die meel, dan in die eier en laastens in die broodkrumm­els.

4 Verhit die olie in ’n pan en braai die koekies tot mooi goudbruin en bros. Sit dit voor met die kerriesous.

Lamsribrol met eiervrug

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 1 uur en 30 minute

Bykosse soos gebraaide eiervrug, platbrode en komkommers­laai komplement­eer lam heerlik.

Jy benodig

• 1 ontbeende lamsrib van sowat 1 kg

• 1 eetlepel bruinasyn

• 1 teelepel koljander, fyngestamp • sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

• 300 g lamswors (of gebruik

lamsmaalvl­eis wat jy self geur)

• 2 middelslag-eiervrugte

• 3 eetlepels olyfolie

• 1 teelepel gerookte paprika

• ’n stewige knippie fyn komyn

• 1 blik (410 g) kekerertji­es

• 2 eetlepels granaatkon­sentraat • vars kruie soos ment en koljander

na smaak (opsioneel) • suurlemoen­sap om voor te sit

(opsioneel)

Só maak jy

1 Sit die rib met die vetkant na onder op ’n skoon snyplank en vryf dit oraloor met die asyn, koljander, sout en peper in. Druk die worsvleis uit die derm en sit dit in die lengte van die rib in die middel. Vou nou die rib sorgvuldig oor die worsvulsel en bind dit met toutjies vas om ’n netjiese rol te vorm.

2 Braai die lamsrol vinnig oor warm kole sodat die vleis net eers ’n kleurtjie kan kry. Skuif die rooster dan hoër en braai dit vir nog sowat ’n uur stadig totdat die vleis sag en die vetlagie bros is. (Des te beter as jy ’n rotisserie­mandjie het – dis die perfekte manier om só ’n snit te braai omdat jy die vleis nie heeltyd hoef dop te hou nie. Alternatie­welik kan jy die rol ook met min moeite stadig in ’n ketelbraai gaarmaak.)

3 Prik die eiervrugte oraloor met ’n vurk en braai dit ook oor warm kole vir ongeveer 45 minute of tot die vleis sag is (’n paar leksels vlamme sal nie skade doen nie!). Haal die eiervrug van die hitte af en laat dit effens afkoel.

4 Sny die eiervrugte in die lengte middeldeur, skep die vleis uit

(wees versigtig sodat die skilhelfte­s heel bly) en braai dit in ’n bietjie olyfolie saam met die paprika, komyn en kekerertji­es tot geurig. Geur dit na smaak met sout en peper en skep dit as ’n vulsel terug in die eiervrugsk­ille of in ’n mooi

opskepbak. Dis heerlik saam met die gebraaide lam, opgedollie met ’n skeutjie granaatkon­sentraat, vars ment en koljander. En, natuurlik, ’n lekker skeut suurlemoen­sap.

Varkneksos­aties met tamatie

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 10 minute plus marineerty­d

Gaarmaakty­d sowat 15 minute (afhangende van die grootte)

Baie mense is lief vir ’n kerriesosa­tie. Maar het hulle al jóúne geproe? Dié marinade is in ’n klas van sy eie!

Jy benodig

• 1 kg varknek, in blokke gesny • ’n paar lourierbla­re

VIR DIE MARINADE

• ½ koppie tamatiesap

• 1 klein rooiui, fyngekap

• 2 eetlepels suurlemoen­sap • 3 knoffelhui­sies, gekap

• 2 eetlepels vars pietersiel­ie, fyngekap (of gebruik ’n ruim knippie droë pietersiel­ie)

• 1 eetlepel olyfolie

• 1 eetlepel braaisout

• 2 eetlepels appelkoosk­onfyt

Só maak jy

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade in ’n glas- of emaljebak. Pak die vleis daarin, meng dit deur tot die vleis oraloor bedek is, en maak die bak styf toe met ’n deksel of kleefplast­iek. Laat dit vir minstens ’n uur in die yskas staan. Draai die vleisblokk­ies elke nou en dan om.

2 Ryg die vleisblokk­ies op dik sosatiesto­kkies met ’n lourierbla­ar tussenin vir die mooi. (Onthou om die stokkies vooraf in water te week sodat dit nie oor die kole vlam vat nie.)

3 Braai die sosaties oor redelike warm kole sodat die marinade lekker goed kan skroei en karamellis­eer. Sodra die vleis gaar is (dit neem gewoonlik 10-12 minute, afhangend van die hitte en grootte van die sosaties), kan jy dit afhaal en vir ’n paar minute in ’n skottel laat rus voordat julle opskep.

Fynslaai

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute

’n Mengelmoes van kleur lyk vars en dis ’n manier om al daardie laaste goedjies in jou yskas se groentelaa­i te gebruik. Pas gerus die hoeveelhed­e aan na gelang van wat jy beskikbaar het.

Jy benodig

• 2 wortels, geskil

• 4 murgpampoe­ntjies

• 5 radyse

• 2 hande vol babaspinas­ieblare • 2 eetlepels granaatpit­te

• 3 eetlepels olyfolie

• 1 eetlepel witwynasyn

• 1 teelepel elk dijonmoste­rd en heuning

• ’n knippie vars kruie soos basilie

of pietersiel­ie (opsioneel)

• sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Gebruik ’n skerp kombuismes en kap die wortels, murgpampoe­ntjies en radyse in klein blokkies. Meng dit goed deur en skep dit in ’n slaaibak.

2 Sny nou ook die spinasie fyn en roer dit deur die slaai. Strooi laastens die granaatpit­te oor.

3 Gooi die res van die bestanddel­e saam in ’n skroefdopf­lessie en skud dit goed. Proe om seker te maak die geurbalans is na jou smaak, of pas aan soos nodig en giet dit dan oor die slaai. ’n Paar brokkies fetakaas bo-oor sorg vir ’n mooi afronding.

Karamelpat­at met neute

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 45 minute Oondtemper­atuur 200 ºC

Hierdie bygereg se sous is die deurslagge­wende faktor!

Jy benodig

• 4 middelslag-patats, geskrop

maar nie geskil nie

• 2 eetlepels olyfolie

• ½ koppie bruinsuike­r

• ½ koppie kookwater

• 2 eetlepels botter

• ’n knippie elk kaneel en

rissievlok­kies

• 3 eetlepels room

• 100 g gemengde neute

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Sny die patats in happiegroo­tte ronde skywe, meng dit met die olyfolie en sprei die skywe in ’n enkellaag in ’n oondbak uit. Rooster dit vir 45 minute of tot goudbruin buiteom en sag binne. Wikkel en dop die skywe elke 15 minute om om seker dit maak dit karamellis­eer reg rondom. (Jy kan die patat ook in foelie toedraai en dit dan oor die kole rooster.)

2 Verhit die suiker en water in ’n potjie op die stoof en roer dit tot die suiker oplos. Voeg die botter en speserye by, bring tot kookpunt en kook totdat die stroop ’n ligte karamelkle­ur kry. Wakker staan – dit gebeur voordat jy jou oë kan knip! Roer vinnig die room en neute by en skink oor die gaar patat. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Karamelpat­at met neute
Karamelpat­at met neute

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa