Weg!

MAAK YS OP JOU STAANPLEK

Dit maak nie saak hoe voorbereid jy is of hoe goed toegerus jou kampwa is nie, een ding is seker: Die ys gaan opraak.

-

Ysmakers uit Europa en China kan nie Suid-Afrikaanse somertempa­ture hanteer nie, en daarom het National Luna al baie versoeke gekry om een te vervaardig wat geskik is vir ons hitte.

Die oorsese produkte werk in ’ n omringende hitte van sowat 24 ºC, en dis wat ons hier sommer op ’ n wintersdag ervaar! Dus word al ons kampyskast­e getoets en ontwikkel teen ’n tropiese temperatuu­r van 43 ºC.

National Luna het met die ontwikkeli­ng van ’ n draagbare ysmaker vier vereistes gehad:

• Die grootste moontlike kompressor (om so vinnig as moontlik ys te maak).

• Elke eenheid moet kan werk in omliggende temperatur­e van hoër as 40 ºC.

• Kompakte, liggewig eenhede.

• ’n Duursame afwerking van vlekvrye staal.

Al die vereistes is nagekom en ’n ysmaker is vervaardig wat 12 kg ys per dag kan lewer. En dit werk net so goed tuis as in die kampterrei­n.

IS DIE NATIONAL LUNA-YSMAKER BESKIKBAAR IN ’N 12 V-OPSIE?

Hoewel National Luna die idee ondersoek het om ’n ysmaker te vervaardig wat gebruik kan word met ’n 12 Vdc- sowel as ’n 220 Vacopsie, sou dit vyf tot agt keer meer kos. Dit sou dus dieselfde kos as ’n kampyskas. Daarby sou isolasie die ysmaker vergroot, en jou voertuig se battery vreet. Gewoonlik bied die meeste kampplekke 220 Vac-krag, maar as jy jou NL12-ysmaker op batterykra­g wil laai, sal jy ’n 1 000 W-sinusgolfw­isselrigte­r nodig kry. Gaan na nationallu­na.com vir meer inligting of bel 011 452 5438 om ’n verskaffer te vind of pryse te kry. Pryse mag verskil. National Luna is ’n Suid-Afrikaanse maatskappy en vervaardig die afgelope 33 jaar al die wêreld se grootste versamelin­g 12 V-ys- en vrieskaste. Ons is ook ’n wêreldwye verskaffer van meer as 200 buitelewep­rodukte en bykomstigh­ede.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa