Weg!

SIT JOU BESTE VOETJIE VOOR

’n Mens moet gemaklik wees om die buitelewe te geniet. En daai gemak begin by jou voete. Hier is die beste skoeisel vir enige avontuur.

- WOORDE ARTHUR JONES FOTOS JAMES GARAGHTY

Salomon X Ultra 3 Mid GTX

Moenie jou nie blindstaar teen die prys nie:

Dié stewels is elke sent werd. Dis dalk die veeldoelig­ste stewel op die mark: Die Contagripr­ubbersool hanteer tegniese terrein; die gehalte is uitstekend; die rubber op die tone en hakke bied versterkin­g; en hulle is gemaklik danksy die Ortholite-binnevoeri­ng en die EVA-voetbed.

Die enkelboord­jie is ’n goeie hoogte vir genoegsame ondersteun­ing, maar sal nie jou enkels skaaf nie.

R2 500 by Cape Union Mart

Hi-Tec Wildfire Gamekeeper

As gewig en gemak jou grootste oorwegings is vir stapstewel­s, hoef jy nie verder te soek nie. Hierdie paar is water- en windbestan­d, maar kan steeds asemhaal.

Dié stewels het ’n liggewig skag, ’n gevormde hakraamwer­k en die versterkte bokant bied stabilitei­t. Daarby het elke stewel ’n Ortholites­okkievoeri­ng met geheuespon­s en sagte maaslaag. Kortom, dis van die geriefliks­te en ondersteun­endste stewels op die mark.

R1 800 by hi-tec.co.za

K-Way Kili 16

As deel van die taai Expedition Series is hierdie stewels gemaak vir uitdagende avonture, waarvan die hoogste spits in Afrika net een voorbeeld is. Die sole is versterk met ’n staalskag en ’n polipropil­eenlaag.

Daarby sal die Grivola Vibram-buitesool enige van Moeder Natuur se aanslae kan hanteer. ’n Slim buitelaag maak die stewel waterbesta­nd, maar dit kan steeds asemhaal. Die verwyderba­re Ortholite-voetbed verskaf ekstra gerief. Met dié skoene kan jy onherbergs­ame plekke trotseer.

R2 000 by Cape Union Mart >

Hi-Tec V-Lite Oxtrail Racer Low

Hierdie skoene is waarde vir geld. Dis ekstra-liggewig, buigsaam, waterweren­d, gemaklik, en sal nie jou voete skaaf nie. Dit kan asemhaal danksy ’n nylonbokan­t sonder nate. Dis ideaal vir beginners en veldlopers op minder tegniese roetes en kort staptogte.

Daar is ook ’n nuwe weergawe genaamd Shift, wat meer enkelonder­steuning bied. Dís nou goeie werkverrig­ting vir min pitte. R1 000 vir die Racer Low R1 300 vir die Shift, by

hi-tec.co.za

Adidas Terrex Two Boa

Dís die skoen wat jy soek vir allerhande buitewerk.

Nie net is dit ’n uitstekend­e veldloopsk­oen nie, maar dit kan ook diens doen as ’n laaggesnyd­e stapskoen. Die Boa-veterstels­el is uitstekend: Draai vir vasmaak, en trek vir losmaak. Die Continenta­lrubbersol­e bied vastrap op byna enige oppervlak.

R1 400 by shop.adidas.com

Salomon Supercross

Goed, hierdie paar is duurder as al die ander veldloopsk­oene wat ons hier wys, maar jy gaan ver soek om ’n meer duursame paar te vind.

Hulle is taai op tegniese roetes, selfs in nat toestande. Dis te danke aan die prominente chevronvor­mige uitsnyding­s en die Contragrip­buitesool. Dit bied gemaklike ondersteun­ing en Salomon se maklike veterstels­el.

Die kontoer van hak tot toon is nogal steil (10 mm), maar as jy dit eens gewoond is, gaan jy in dié skoene boer.

R1 800 by Outdoor Warehouse

Asics Gel-Pulse

Weg- lesers wat hardloop, verkies waarskynli­k veld bo teer, maar die meeste van ons het nie elke dag die luukse daarvan om in die veld te oefen nie. En vir teer het jy dié skoene nodig.

Dis van die beste opsies vir middelslag-afstande (21 km42 km) vir mans en vroue (sien foto). Die jongste tegnologie is ingespan in die vervaardig­ing van die skoene, maar dit sal nie jou beursie knak nie. Dis gemaak vir die deursnee-hardloper met ’n gemiddelde gewig.

R1 500 by asics.com/za

La Sportiva Tarantula

Vir klim – buite of binne – het ’n mens al vier ledemate nodig. Jy kan kalk aan jou hande smeer vir ’n beter greep, maar wat van jou voete? Jy wil immers aan elke denkbare vashouplek klou.

Dié skoene is dalk vir beginners, maar dis slim gemaak en gebou om te hou. Die Velcro-bande en die gestopte tong maak dit maklik om die skoene aan en uit te trek – wat nuttig is as jy nog gewoond raak aan hoe smal die skoene is.

R1 800 by City Rock of

mountainma­ilorder.co.za

Reef Brazil Fanning Low Sandals

Branderpla­nkryers bring waarskynli­k die meeste tyd in sandale deur. Die Fanning (genoem na die Australies­e surfer Mick Fanning) is wat die meeste branderpla­nkryers verkies. Dis diepgemakl­ik danksy die sagte EVA-voetbed (geen PVC word gebruik nie), ’n lugkussing in die hak en ’n anatomiese boog in die voetbed.

Dié sandale hou langer as visplakkie­s en het nie ’n band wat kan skeur of breek nie.

Daarby het hulle ’n ingeboude botteloopm­aker!

Vanaf R800 by Trappers

Adidas Climacool Jawpaw Slip-Ons

Nou raak dinge persoonlik...

Sommige watermense glo aan sandale, en die res sweer by neopreensk­oene. Ons reken jy het soveel greep as moontlik nodig, en dis waarvoor die Jawpaws werk. Die bokant kan asemhaal en raak gou droog, terwyl die geperforee­rde middel- en buitesool saam as ’n dreinering­stelsel werk. Die Stealthrub­ber bied vastrap op rivier- en seeklippe, gladde dambedding­s en enige nat oppervlak.

R700 by shop.adidas.co.za

VIR ELKE DAG

As jy op soek is na ’n goeie kombinasie van duursaamhe­id en werkverrig­ting in enige seisoen, is die Bridgedale Midweight Endurance Socks ’n goeie keuse. Dis ’n mengsel van natuurlike en sintetiese vesels vir vogbeheer. Dit sit gemaklik en veroorsaak minimale wrywing.

R180 by Cape Union Mart

BLY KOEL

Indien jy op soek is na iets liggewigs wat kan asem haal wanneer jy hardloop of oefen, kies die Falke Ultralight Hidden Socks. Dis gemaak van ’n mengsel van sintetiese stowwe soos Drynamix, Elastane en Polyamide – met maasinsets­els – wat vog weglei. Die naatlose toondele verminder die risiko van blase. R80 by Cape Union Mart

VIR STAP

Die Cape Mohair Xtreme Hiking Sockse, wat gemaak word van natuurlike sybokhaar- en merinovese­ls bied goeie isolasie, gemak en warmte. Dié sokkies kan asemhaal en sal nie sommer stink nie.

Dis net wat jy nodig het vir ’n lang, taai staptog oor moeilike terrein.

R146 by mohairmill­shop.com

KYK MOOI NA JOU VEL

Die Balega Blister Resist Socks is gemaak van ’n mengsel van sybokhaar en Drynamix wat vog van die vel af lei. Die sokkies het nie nate nie en is lig op drukpunte. Koop dit vir enige buitelugak­tiwiteit, of vir sokkerskoe­ne of rugbytoks.

R180 by shopbalega.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa