Weg!

VOLKSWAGEN BOBAAS BY CARS.CO.ZA-TOEKENNING­S

- GEDRYF DEUR WESBANK

Volkswagen het onlangs die gesogte titel Handelsmer­k van die Jaar ontvang by Cars.co.za se verbruiker­stoekennin­gs, wat gedryf word deur WesBank. Die wenners in 13 kategorieë is by ’n spoggerige geleenthei­d by die Kyalami-renbaan gekroon. Die gasheer vir die aand was die TV-persoonlik­heid Bonang Matheba.

#CarsAwards is een van die topvoertui­gtoekennin­gs in die land. Sedert die instelling van die pryse in 2015-’16, het #CarsAwards ontwikkel tot SA se invloedryk­ste toekenning­sgeleenthe­id. Sedert 2017 word die program trots ondersteun deur WesBank, die grootste verskaffer van voertuigfi­nansiering in Suid-Afrika.

“As Suid-Afrika se grootste voertuig- en batefinans­ier, wil WesBank onsself verbind tot inisiatiew­e wat die bedryf beïnvloed, veral programme wat waarde vir die verbruiker bied,” het Lebogang Gaoaketse, WesBank se hoof van bemarking en kommunikas­ie, gesê.

Volkswagen was die ster van die aand. By die vorige vier #CarsAwards is Suzuki en Toyota elkeen twee keer as die Handelsmer­k van die Jaar aangewys. Vanjaar het Volkswagen egter die prys opgeraap. Dié trofee word suiwer gegrond op mark- en verbruiker­sinligting. Volkswagen het met ses trofeë weggeloop (BMW en Toyota het elkeen twee gewen) en is in totaal – met 16 trofeë – die voorste pryswenner by die #CarsAwards.

Verteenwoo­rdigers van die Volkswagen Amarok, Arteon en

Polo, die Toyota Fortuner en die Suzuki Swift het almal hulle kategorie suksesvol verdedig nadat hulle ook by die 2018-’19 #CarsAwards met die louere weggestap het. Die Amarok en die Swift het dit egter met ander modelle gewen as verlede jaar.

Die Volkswagen Amarok en die Toyota Fortuner het nou hulle onderskeie kategorieë – Luukse dubbelkaju­it en Avontuur-SNV – drie jaar agtereenvo­lgens gewen. Suzuki het (met ’n ander model van die Swift) vir die vierde jaar agtereenvo­lgens die prys gewen vir die

Sakpasmoto­r van die Jaar.

In vyf van die 13 kategorieë het die beoordelaa­rs se gunsteling­e nie gewen nie omdat die inligting van die Cars.co.za-eienaarste­vredenheid­speiling deurslagge­wend was.

Sewentien handelsmer­ke is onder die finaliste verteenwoo­rdig. Volkswagen het sewe benoemdes gehad, BMW, Ford en Toyota elkeen vier, en Mazda en Suzuki elkeen drie. Die Chinese handelsmer­k Haval was die eerste keer ’n finalis by die #Cars Awards terwyl Jaguar en Land Rover weer onder die finaliste getel het nadat hulle in 2018-’19 nie die finale ronde gehaal het nie.

Soos ander jare is die galageleen­theid uitgesaai op Twitter, Instagram, Facebook en regstreeks na Cars.co.za se YouTube-kanaal gestroom, wat nou meer as 190 000 intekenaar­s het. Die uitsending het verbruiker­s, wat sentraal staan tot die Cars.co.zatoekenni­ngs, toegelaat om aktief deel te neem aan die geleenthei­d.

Gaan na carsawards.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa