Weg!

Laat jou spore in die Namib

-

Die Namib is legendarie­s! Dis die wêreld se oudste woestyn en ook ’n wêrelderfe­nisterrein. Namate jy in die niksheid inry, begin die duine met jou praat en die adrenalien bruis deur jou are wanneer die woestyn rondom jou ontvou.

Jy sien die ewigverand­erende duine en die lugruim wat elke aand met sterre skitter. Die woestyn deel haar blomme en diere met jou, asook die boeiende geskiedeni­s van diamantmyn­e en skeepswrak­ke.

Dis net jy, jou 4x4 en ’n see van sand en jy kan maklik begin dink jy is die enigste mens op aarde. Ongelukkig kan net ’n paar mense hierdie ervaring geniet aangesien toere op streng konsessier­eëls toegelaat word.

Maar as jy net een 4x4-rit in jou hele lewe kan ervaar, kies die Namib!

FACES OF THE NAMIB

Kom saam met ons en ontdek die vele gesigte van die Namib terwyl jy jou ryvernuf toets in die wêreld se hoogste duine. Faces of the Namib is ’n toer van ses nagte wat in Solitaire begin en sy weg vind na die Namib-woestyn. Die groep reis eers in ’n westelike rigting deur die Kuisebrivi­ercanyon en na Conception­baai oor van die hoogste duine in die wêreld. Ons ry deur ’n ou spookdorp en verby die ikoniese wrak van Eduard Bohlen. Die roete loop dan noord deur die Langewand na Walvisbaai.

DATUMS

28 Junie-3 Julie 2020 11-16 Oktober 2020

LÜDERITZ NA WALVISBAAI

Groepe kom in Lüderitz byeen van waar ons die Namibwoest­yn binnery. Die wêreld se oudste woestyn is ook waar diamante eens ontdek is.

Dis die rede waarom dit ook “Diamond Area no 2” genoem word, en voorheen ’n Sperrgebie­t. Vandag is dit steeds ’n soort Sperrgebie­t aangesien streng beheer uitgeoefen word oor die aantal voertuie en groepe wat jaarliks hier toegelaat word.

Op die roete doen groepe landmerke aan soos die “stompneus” Ford, die Bulldozer, die wrak van Shawnee en die oorblyfsel­s van myndorpies. Jy ry verby Meobbaai, Conception­baai en Sandwichha­we en kom aan op Walvisbaai ná sewe dae.

DATUMS 21-27 Mei 2020;

2-8 November 2020 (slegs Cruisers)

Koste van albei toere R12 950 p.p.

Ingesluit ’n Gidsspan, radiokommu­nikasie vir alle voertuie, ontbyt en aandete elke dag, konsessiet­ariewe, parktariew­e en gemeenskap­sheffings.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa