Weg!

Botswana, Okavangode­lta,

Kom saam met Bhejane Adventures op ’n selfrytoer deur Noord-Botswana, die Zambesistr­eek in Namibië en Vic Falls in Zimbabwe. Jy bly in lodges, op ’n huisboot en selfs in ’n boomhuis!

-

Dié fantasties­e safari begin in Nata en eindig in Kasane. Ons ry oor die wye sandvlakte wat eens die groot mere van Suider-Afrika was, gevoed deur selfs magtiger riviere. Oor die eeue heen het Moeder Natuur die riviere en die landskap verander.

Ons ry wes van die Makgadikga­dipan af, om die suidelike punt van die Okavangode­lta, en dan noord langs die Okavangorv­ier na die ou Caprivistr­ook in Namibië. Dan volg die Zambesistr­eek oor die geheimsinn­ige Tsodilo-koppies met interessan­te rotskuns. Ons mik wes deur die Zambesistr­eek terug na Botswana vir ’n vaart op die Choberivie­r voordat ons meer oos draai na die Victoriawa­terval in Zimbabwe.

Die toer word gelei deur ’n ervare bewaringsk­undige en avontuurgi­ds wat ten alle tye in radioverbi­nding met die groep is. Die gidse deel hulle natuur-, kulturele en geskiedeni­skennis, asook 4x4-ryvernuf. (Die toer is moontlik in ’n 4x2 met goeie grondvryho­ogte; ’n 4x4 is nie noodsaakli­k nie.)

Ons gesoute bossjef berei drie maaltye per dag voor. Vars slaaie, potjiekos en braai is van die geregte op die spyskaart. Die koffiepot sal elke dag al om 6 vm. al prut.

Hierdie is nie ’n kamptoer nie – blyplekke is in gerieflike lodges, twee nagte op ’n huisboot op die Okavangori­vier en drie nagte in boomhuise op die oewer van die rivier.

Die lodges het almal kontantkro­eë.

Kom geniet die ervaring van ’n leeftyd!

 ??  ?? 10 nagte / 11 dae
2020-DATUMS 4-14 Mei 28 Junie-8 Julie 6-16 Augustus 4-14 September
HOEVEEL KOS DIT? R27 250 per volwassene; kinders jonger as 10 betaal halfprys; 30%-bybetaling vir enkelreisi­gers
10 nagte / 11 dae 2020-DATUMS 4-14 Mei 28 Junie-8 Julie 6-16 Augustus 4-14 September HOEVEEL KOS DIT? R27 250 per volwassene; kinders jonger as 10 betaal halfprys; 30%-bybetaling vir enkelreisi­gers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa