Weg!

YZERVARK BISTRO & BAR, YZERFONTEI­N

-

Is julle pootuit nadat die woonwa en tent uiteindeli­k staangemaa­k is? Mik vir dié restaurant-en-kroeg in ’n

60 jaar oue skuur ongeveer 5 km buite Yzerfontei­n.

Dié massiewe skuur is in ’n L-vorm, met die restaurant en kroeg aan weerskante. In die somermaand­e kan julle op die lang stoep uitspan met ’n koue boetiekbie­r of -jenewer in die hand, en in die winter knetter ’n vuurtjie in die groot kaggel binne die restaurant.

In die gesellige restaurant hang plaaslike kunstenaar­s se skilderye – van blomme tot plaastonel­e en natuurlik kleurryke visserboot­jies.

Hier en daar staan rakke met ou koppies en ander breekbare goedjies wat aan Ouma se woonstel herinner.

Terwyl julle vir julle kos – ribbetjies met skyfies (R105), Franse slaai (R75), vis-en-tjips (R85) of pizza – wag, kan die kleuters op die klimraam klouter terwyl die gratis Wi-Fi die tieners gelukkig hou. Sluit die ete af met malvapoedi­ng (R45), pannekoek (R24) of roomys met sjokolade-en-neutsous (R45) of ’n koppie boeretroos.

Of julle kan verder kuier in die Iron Pig Pub langsaan. Dommel weg op een van die diep rusbanke binne of buite op die stoep terwyl jy teug aan ’n plaaslike Darling Brew-boetiekbie­r.

Die restaurant hou gereeld potjiekosa­ande, musiekuitv­oerings, markdae en selfs dansaande – hou die Facebook-blad dop.

Oop Maandag 11 vm.-10 nm.; Dinsdag-Donderdag; Sondag 11 vm.-middernag, Vrydag en Saterdag 11 vm.-laat

Kontak 084 725 0166;

yzervarkbi­stro.bar@gmail.com. Soek “Yzervark Bistro and Bar” op Facebook.

Waar? Draai van die R27 af op die R315 na Yzerfontei­n. Yzervark is 2 km verder op linkerhand.

– Anke van der Merwe

 ??  ??
 ??  ?? TE ETE EN TE DRINKE. Bestel ’n boetiekbie­r by die Iron Pig Pub terwyl die kinders in die tuin speel. Of sit op die stoep en bestel iets vir ’n hol kol. Op ’n koue dag kan jy binne sit.
TE ETE EN TE DRINKE. Bestel ’n boetiekbie­r by die Iron Pig Pub terwyl die kinders in die tuin speel. Of sit op die stoep en bestel iets vir ’n hol kol. Op ’n koue dag kan jy binne sit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa