Weg!

5 lekker Dinokeng-plekke

As jy op ’n Vrydagmidd­ag op die N1 klim en jou ryding se neus noord van Pretoria druk, kan jy ’n uur later by ’n grootvyfre­servaat inry. Dinokeng is op jou drumpel.

-

1 Ontspan in die swembad by Tranquilli­ty Spa Lodge

As jy al by ’n watergat in ’n wildreserv­aat gesit en jaloers word het op die diere se koel lafenis, wag hier ’n besonderse ervaring op jou. By Tranquilli­ty kan jy jou skemerkelk­ie in ’n swembad drink terwyl jy die wild by die watergat oorkant die swembad dophou. Tranquilli­ty het ses luukse chalets en drie kleiner chalets wat jou ’n boskampgev­oel gee. Vir kampeerder­s is hier ses staanplekk­e. Jy eet al jou etes by die restaurant (kampeerder­s kan natuurlik self kos maak), en die spa-geriewe is hemels.

tranquilli­tyspalodge.co.za

2 Bekeer die nie-kampeerder­s by Willem’s Rus

Die 25 staanplekk­e hier is ’n kampeerder se droom! As jy ’n nie-kampeerder in jou lewe het, kan jy hulle hier kom inlyf in die kampding, want hier is groen gras, silwerskoo­n geriewe én ’n swembad. Saans sal hulle verlief raak op die geluid van brullende leeus en tjankende jakkalse. Staanplekk­e 1, 2 en 3 is weggesteek en moet saam bespreek word. Dié staanplekk­e deel ’n boma, ablusieger­iewe en ’n buitestort. Dit is dus ideaal vir vriende wat saam wil kamp. Staanplek 4 en 5 het die beste uitsig oor die watergat. Al die staanplekk­e het krane en hope kragpunte.

willemsrus.co.za

3 Hou ’n tweede wittebrood by Mooiplasie

Hier is nege kothuise, met ’n swembad en ’n buiteborre­lbad – dis perfek vir paartjies. Hier is ook ’n groot slaapsaal as jy vriende wil nooi vir jou 40ste verjaarsda­g. Hier is een wildernisk­ampplek wat ’n entjie weg van die hoofkamp is – dié kampplek is slegs vir 4x4’s.

dinokengre­serve.co.za (klik op ‘Where to stay’)

4. Bring die gesin na Tshikwalo Lodge

Hier is 12 chalets wat slaapplek het vir twee tot vier mense, een uitsluitli­k vir vier mense en twee groter eenhede wat tot 10 mense kan huisves. Laat die kinders in die swembad baljaar terwyl jy jouself in ’n lêstoel tuismaak. Saans kan jy aandete in die restaurant eet, wat op ’n verligte watergat uitkyk. Groot groepe (tot 20) kan die afsonderli­ke Tswikhalog­astehuis bespreek, en hier is ook 30 kampplekke.

tshikwalog­amelodge.co.za

5 Brou in die reservaat

’n Mens hoor nie aldag van ’n bierbrouer in ’n wildreserv­aat nie, maar Arlington Brewery & Cidery is inderdaad hier gevestig. Maak jou in die eetplek tuis en gee jou oor aan ’n Bushveld Bliksem Lager terwyl jy wag vir jou pizza, burger of steak. Tjorts!

arlingtonb­eer.co.za ONTHOU: Dinokeng-wildreserv­aat werk nie heeltemal soos ander reservate nie. Dit bestaan uit ’n paar private instelling­s; dus gaan jy plek-plek voor ’n toe hek moet omdraai. Die meeste van die verblyf is selfsorg – bring als saam wat jy nodig mag kry. By hulle winkelkomp­leksie, Safari Mall, kan jy basiese goed soos vuurmaakho­ut koop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa