Weg!

Groot getalle

Lank leef dié diere!

-

In mensjare is 100 ’n rype ouderdom, maar vir sommige van dié diere is ’n eeu hulle kinderjare!

507

Die oseaan- quahog is ’n soort gapermosse­l wat 400 jaar of ouer kan word as hulle nie geoes word nie. In 2006 is ’n besonderse een in Ysland gevind: Wetenskapl­ikes het die groeiringe op sy skulp getel en bevind dié diertjie is 507 jaar oud! Dit het hom die bynaam Ming besorg, omdat hy al sedert China se

Ming-dinastie leef!

400

Die groenlandh­aai is die oudste werweldier waarvan ons weet. Na raming is daar een van hulle wat al vier

eeue lank in die see rondswem!

226

’n Koivis in Japan genaamd Hanako het só oud geword.

(Die meeste koivisse lewe gemiddeld 30 jaar.)

200

Dís die geskatte lewensduur van ’n Groenlands­e walvis ( Balaena mysticetus). Een is al selfs gevind met ’n harpoenkop in sy spek wat uit die 1800’s dateer!

152

Die ouderdom van die enorme Galápagos-skilpad Lonesome George toe hy in 2012 gevrek het. Hy is so genoem omdat hy glo nie van vroulike skilpaaie se

geselskap gehou het nie.

106

Die langvinsee­paling kom voor in Nieu-Seeland en kan meer as 100 jaar leef. Wetenskapl­ikes glo dit is omdat

hulle so stadig groei (2 cm per jaar).

70

’n Afrika-olifant se lewensverw­agting. Soos hulle sê, ’n

olifant vergeet nooit nie…

Dan is daar die Turritopsi­s dohrnii, ’n soort jellievis wat onsterflik is. Wag, hoe nou? Hulle kan biologies nie vrek nie. As die jellievis seerkry, genees hy en keer terug na ’n jong toestand. Maar – soos ander diere – sal die

jellievis vrek as hy gevreet word of aan ’n siekte ly. Maar indien hy súlke ongelukkie­s kan vermy, sal hy net

eenvoudig aanhou leef. Bisar!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa