Weg!

Slanggeite

- Johan Marais

Daar is nege verskillen­de groen slange in Suider-Afrika en dit kan soms moeilik wees om tussen hulle te onderskei. Gelukkig is net twee giftig – die groenmamba en die boomslang. Meestal wanneer mense groen slange sien, vermoed hulle die ergste, maar dié twee is nie noodwendig elke keer die skuldiges nie.

Só kan jy sien of jy met ’n gevaarlike groene te doen het of nie: Die groenmamba leef in bome en kom hoofsaakli­k langs KZN se kus voor, gewoonlik binne 4 km van die see af. Soms word hulle tot 40 km binnelands noord van die dorp Mkuzi gevind. Dié slang het ’n kisvormige kop en sy hele lyf is groen – bo én onder. Volwassene slange van langer as een meter is minstens so dik soos ’ n besemstok. As jy hierdie slange versteur, sal hy eerder teen ’n boom opseil as wat hy jou pik.

Die boomslang kom wyer voor as die groenmamba. Dit is ook een van min slangspesi­es waar ’ n mens wyfies en mannetjies van mekaar kan onderskei deur na hulle kleur te kyk.

Dies in die Wes-Kaap en die grootste deel van die Oos-Kaap is selde net groen; wyfies is bruin. Mannetjies uit KZN, Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap is meestal groen terwyl wyfies ook bruin is.

Jong boomslange wat minder as een meter lank is, is grys met groot smaraggroe­n oë. Hulle mag dalk gevaarlik wees, maar die boomslang is ’ n rustige slang wat selde pik, tensy hy gevang of per ongeluk op getrap word.

Die skadelose groen slange is die algemeenst­e en is ook die wydste versprei. Dit sluit in die gewone groen waterslang, gespikkeld­e bosslang en oostelike en westelike Natalse groenslang. Die meeste groen slange is tuis in bome en uitstekend­e klimmers – die skadelose spesies vreet geitjies, asook paddas. Hulle is meestal heldergroe­n, met ’ n wit of geel pens, behalwe vir die gespikkeld­e bosslang wat donker kolle op die voorste deel van sy lyf het.

Nog ’ n liggroen slang wat noemenswaa­rdig is, is die aurora-huisslang – ’n skadelose nagslang wat maklik geïdentifi­seer kan word deur die smal oranje lyn op sy rug langs. Dit was altyd ’ n redelike algemene slang in die Hoëveld, maar met soveel van sy habitat wat vir behuising, boerdery en nywerheid vernietig word, sien ’ n mens hulle nou selde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa