Weg!

Aftrekplek

- – Toast Coetzer

Die N14 tussen Springbok en Upington kan jou knak. Nie almal vind eindelose einders van “niks” ewe gerusstell­end nie. Die son gaan jou uit ’ n onverwagte hoek begin brand: neklangs skuins van voor, en jy het vergeet om ’ n kraaghemp aan te trek. Jy gaan vaak word, al is hier nie skape om te tel nie. Jy raak dalk honger, vernaam as jy vergeet het om vis-en-skyfies te eet by Olé Fisheries voordat jy uit Springbok weg is.

Drie dinge gebeur tussen Springbok en Upington: Die eerste is Aggeneys se mynhoop, wat langs die pad uitstyg soos iets uit die Goudstad (maar hulle myn ander goed hier: sink, koper, lood en silwer). Daarna lê Pofadder voor, waar jy jou voet van die pedaal af lig en links kyk, en regs.

Uiteindeli­k, soos jy Kakamas nader, raak die wêreld skielik skelgroen soos die wingerde langs die Oranjerivi­er verskyn.

Hierdie aftrekplek is 32 km wes van Pofadder, waar jy vinnig kraaikos sou word indien jy moet voetslaan en jou water opraak. Dis dalk waarom iemand hier ’ n kraan geïnstalle­er het. Dit werk! Boonop lei ’n smal sementvoor­tjie die oorskietwa­ter reguit na ’n peperboom (wat anders?) sodat niks verlore gaan nie. Lank lewe die mens – die mensch – wat dié voortjie met liefde hier ingemessel het.

Jy lewe, die boom lewe en – eendag – gaan hier weer ’n bui reën uitsak oor die verdorde Boesmanlan­d rondom jou, en ook dít sal weer lewe. Stop hier, waardeer dit alles, en beur dan voort.

Waar? GPS S29.16324 E19.07149 (Naby die plaas T’Goep, en ook naby waar die pad na Pella wegdraai.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa