Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Joubert en Jacqueli Tulleken het in 2019 ses maande in hulle geliefde Landie genaamd Mkulu deur Suider-Afrika getoer. Hiervan het hulle ’n maand lank in die Krugerwild­tuin vertoef, waar hulle vandeesmaa­nd se voorbladfo­to geneem het (sien ook artikel op bl. 34).

Waarom só ’n lang toer?

By die werk “verkoop” jy jou tyd aan die maatskappy. Ons wou ’n breuk vat van ons loopbane, en op ons eie tyd leef. Daarom het ons albei bedank sodat ons geen verpligtin­ge sou hê nie. Baie opoffering­s is vooraf gemaak sodat ons genoeg kon spaar om die toer te bekostig. Ons het toe die hele jaar in drie verdeel – die toer deur Suider-Afrika, daarna was ons oorsee (onder meer in Suidoos-Asië) en die res van die tyd het ons eenvoudig met vriende en familie deurgebrin­g. Ons is dol oor wildkyk, kamp, fotografie én videografi­e, daarom was die toer deur Suider-Afrika ’n hoogtepunt.

Wat het dit julle geleer?

Ons het rustig geraak en geleer om mekaar beter te verstaan. Ses maande se kamp het ons gewys hoe min ’n mens regtig nodig het om gelukkig te wees. Jy besef dat ’n glimlag en ’n paar vriendelik­e woorde jou verder vat as jou paspoort. Die toer het ons perspektie­f gegee oor hoe ander kulture leef, en dat ons eerder ons verskille moet waardeer juis omdat ons by mekaar kan leer.

Watter rol speel julle Landie in die verhaal?

Ons het Mkulu tweedehand­s gekoop; die vorige eienaars het gereeld getoer en daar is min Afrika-lande waar Mkulu nog nie was nie! Mkulu was nie net ons voertuig nie, maar ook ons huis. Dit was belangrik om ’n betroubare voertuig te hê, want ons was na afgeleë plekke soos die Hoanibrivi­er in Namibië.

Hoe vergelyk die Kruger met ander groot parke?

Uit die 12 parke wat ons besoek het, bied die Kruger die grootste verskeiden­heid diere en landskappe – hoewel dit ook die besigste is. Die Kruger se geriewe is van die skoonste vergeleke met byvoorbeel­d Etosha, Chobe en Moremi. Dit is ook een van die min parke wat wasmasjien­e en kookwater in kampe beskikbaar het, iets wat baie gerieflik is as jy lank toer. En die piekniekpl­ekke ken geen gelyke elders nie!

Wat onthou julle van Letaba, waar julle Weg se voorbladfo­to geneem het?

Letaba was die 56ste kampplek op ons toer. Dit was herfs en ’n mooi tyd in die wildtuin omdat al die mopaniebla­re van groen na geel en rooi verander. Ons het elke oggend op die Letababrug gestop en koffie gedrink, en smiddae op die voetpaadji­e langs die rivier gestap. Soek “Juba’s Journey” op YouTube en volg die Tullekens se reisvideo’s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa