Weg!

Leon Nederlof

-

Leon is die eienaar van Camp Ndurukoro, sowat 55 km wes van Divundu. Op sy werf kloek sy mak tarentale rondom ons, val ’n pronkende pou amper agteroor in die swembad, en red Leon in ’n stadium ’n voëltjie uit die rivier. ‘E k het 25 jaar lank by die Namibian Broadcasti­ng Corporatio­n gewerk, maar ek het nog altyd ’n plek langs die rivier gesoek, iets kleins wat vir my ’n basiese inkomste en lekker leefstyl kon gee. In 2013 het ek hier by Ndurukoro begin. Dinge is onseker, want jy’t nie meer ’n salaris soos in die verlede nie. As jy aan die einde van die maand nie geld het nie, moet jy vir jousélf vra wat aangaan!

“Hier is altyd werk om te doen – ek sny die gras en maak die swembad skoon, of maak geisers en waterpompe reg.

“Ndurukoro het nie ’n stywe atmosfeer nie. Jy kan maak asof jy by jou huis is. Baie ouens wil eerder by ’n lodge bly met ’n eienaar wat mooi na hulle omsien, as in ’n kamp met fênsie geriewe. Dis hoekom gaste Ndurukoro geniet.

“As jy soek, sál jy vis kry op die Kavangoriv­ier. Met ’n onlangse winter was hier groot skole tiervis – elke gooi was ’n vis! Dit het soos sardyne gelyk in die water.

“Die beste tyd vir visvang is wanneer die watervlak op sy hoogste is, in Meimaand. Dis ook wanneer die plaaslike hengelkomp­etisie, die Crockango

Bonanza plaasvind (29 April–2 Mei

2020) rondom Rundu. Ouens kom van so ver as Botswana en Zimbabwe, seker 60 of meer bote neem deel. Rundu is

100 km van Ndurukoro af, maar party bote kom tot hier verby op soek na vis.

“Ja, jy het nodig om soms dorp toe te gaan – dis by Rundu – om ’n bietjie lewe te sien en in die mall rond te stap. Maar hier wil ek nie weggaan nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa