Weg!

Wendy Wilson

-

Wendy is ’n maatskapli­ke werker vir die Namibiese ministerie van geslagsgel­ykheid en kinderwels­yn. Met my besoek het sy rondom Divundu gewerk en my aan talle mense in die gebied voorgestel.

‘Divundu is die middelpunt van die Mukwe-kiesafdeli­ng. Dis mooi hier langs die rivier, en danksy die nabygeleë BwaBwata- nasionale park is dit ’n gewilde toerisme-bestemming.

“Die verskillen­de groepe wat hier woon, handhaaf nog tot ’n mate ’n tradisione­le leefstyl. Die een groot groep is die Hambukushu, wat deel is van die groter Kavango-stam. Dan is hier ook twee Khwe San-groepe.

“Die gemeenskap word bestuur deur die koning, bekend as die fumu, en sy hoofmanne. Toeriste sal baie leer oor die onderskeie stamme se kulture deur van die gemeenskap­pe te besoek. Sommige lodges bied sulke kulturele uitstappie­s aan.

“Dis ’n baie arm deel van Namibië dié. Toeriste raak soms betrokke deur geld te skenk wat gebruik word vir die verbeterin­g van plaaslike skole, of om skoolklere, Bybels en kos vir arm mense te koop.

“In my tyd langs die Kavangoriv­ier het ek dit baie geniet om mense te help, maar terselfder­tyd ook hulle kultuur te respekteer. Ek het myself gesien as buitestand­er – die tipiese wit persoon, ‘makuwa’, in die Thimbukush­u-taal – wat hier was om te help, maar nie om in te meng met wat mense glo nie.

“Wanneer ek na een spesifieke Sangemeens­kap gery het, moes ek vir sowat 80 km deur die BwaBwata- nasionale park ry. Soms sou ek troppe olifante teëkom, en een slag het ek selfs wildehonde gesien!

“In November 2018 het iets erg gebeur. Ek het ná donker gery, met drie passasiers saam met my in die regeringsb­akkie.

“Ons het skielik in ’n trop olifante ingery en ’n ongeluk gemaak – ’n olifantkal­f is dood. Nie een van ons het ernstige beserings opgedoen nie – die polisie het later gesê ons was gelukkig. Blykbaar val die olifante jou soms aan indien jy een van hulle beseer.” >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa