Weg!

LINDA MARAIS

-

Nikon D5200

Nikon 55-200 mm-lens

LINDA SKRYF: Ek woon op Kleinemond­e-Wes; dis verder op teen die kus van Port Alfred in die Oos-Kaap en dit was die afgelope tyd baie droog hier. Vroeg in Januarie het dit darem ’n bietjie gereën.

My kamera was op “Sports” gestel toe ek hierdie foto neem van ’n knysnaloer­ie wat in een van ons voëlbadden­s lyf natmaak. Hy was reeds nat van die reën, maar het nietemin die bad geniet.

Verskillen­de voëls kom bad hier, en loeries kom veral in Desember en Januarie. Ek is altyd op soek na voëls om af te neem, en het duisende foto’s. Sommige is goed, ander nie.

Ek wil nog graag ’n foto van ’n groenvlekd­uifie neem.

TOAST SÊ: Lekker! Hy lyk so gelukkig soos ’n vlakvark in ’n vars poel modder. In Suid-Afrika is ons geseënd om iets soos ’n knysnaloer­ie in ’n tuin raak te loop. ’n Tuin kan mooi, interessan­te voëls lok, van spreeus en vinke tot tarentale en fisante.

Indien jy nog nie gesout genoeg is om self jou kamera te verstel nie, is dit in die haak om sekere modusse te gebruik. Die “Sports”-modus (gewoonlik die een met die persoon wat hardloop), sal sorg dat dat die vinnigste moontlike sluiterspo­ed gebruik word om die aksie vas te vang. Dis die beste modus vir aksie, soos ’n sokkerweds­tryd of ’n voël in jou tuin. Die kamera het die sluiterspo­ed hier 1/125ste van ’n sekonde gemaak (teen ’n lensopenin­g van f5.6), deur die ISO tot 1 600 te verhoog.

Hoewel dit lyk asof die voël in die skadu sit, is daar ’n vonkel in sy oog en dit laat hom sprankel. Ek wag vir daai duifkiekie, Linda... >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa