Weg!

ISABELLA HUGO

-

Nikon D750

Nikon 70-300 mm-lens

ISABELLA SE MA, ANNELINE, SKRYF: Ek het my kamera vir my dogter (8 jaar oud) gegee om haar besig te hou terwyl ons in die Jejane-privaatnat­uurreserva­at buite Hoedspruit rondgery het. Skielik doen die geleenthei­d hom voor om dié eekhoring af te neem.

Ek moes myself inhou om nie die kamera by Isabella te gryp en self die foto te neem nie! Die outjie het so mooi vir ons ge-“pose”. Ek moet bieg dat ek nie ’n beter job sou kon doen nie...

Ons is mal oor die “backlighti­ng” wat selfs die outjie se stertjie duidelik wys. Ook die “bokeh”-effek in die agtergrond.

TOAST SÊ: Dit smaak my Isabella moet meer met die kamera “speel,” of hoe? Dis ’n oulike foto van een van die bosveld se onbesonge bewoners, die boomeekhor­ing. Tog is hulle belangrike diere om dop te hou wanneer jy wild soek – hulle wekroep kan dikwels beteken dat daar iets soos ’n slang of roofdier in die omtrek is.

Wat bedoel Anneline met “backlighti­ng”? Wanneer die son van agter op jou voorwerp val, kry jy dié effek: Dit kan die hare op ’n dier se buitelyn soos ’n goue ligsoom laat vertoon. Hier beklemtoon dit die lang hare op die stert. Nou sien ons, amper soos met ’n X-straal, die dun vleis-en-beendeel van die stert deur die hare.

En wat van “bokeh”? Hierdie Japannese woord verwys na die uitfokus deel van die foto, en hoe veral die ligkolle daar verwring word tot ronderige blertse deur die lens. Soms lyk bokeh mooi en soms nie, en dit wissel ook afhangend van watter soort lens jy gebruik. Dis altyd meer sigbaar op foto’s met ’n vlak fokusdiept­e soos hierdie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa