Weg!

Hoendersla­ai met bloukaasso­us

-

Genoeg vir 4-6

Bereidings­tyd 30 minute plus 1 uur pekeltyd

Gaarmaakty­d 15 minute

Jy benodig

• 6 dik hoenderbor­sfilette • 2 eetlepels olyfolie

• 2 eetlepels braaisous

VIR DIE PEKEL

• ¼ koppie Funky Ouma-braaisout (of gebruik ’n mengsel van ¼ koppie seesout, 3 heel peperkorre­ls en ’n knippie elk komyn, koljander, rissiepoei­er, knoffel en paprika)

• 1 koppie kookwater

• 1 koppie ysblokkies

• 2 roosmarynt­akkies

VIR DIE SLAAISOUS

• 80 g romerige bloukaas

• ½ koppie suurroom of

karringmel­k

• ’n knippie suiker

• 1-2 eetlepels witwynasyn

• 1 teelepel mosterd

• ’n mespunt vars knoffel,

fyngedruk

• 1 eetlepel vars grasuie, gekap

VIR DIE SLAAI

• 1 groot cos-slaaikop,

blare kleiner geskeur

• 1 koppie mieliepitt­e

(lekker oor die kole gebraai!)

• 2 avokado’s, in blokkies gesny en

suurlemoen­sap bo-oor gedrup • 1 klein rooiui, in ringe gesny

Só maak jy

1 Maak die pekel deur die sout deur die kookwater te roer tot amper al die korrels opgelos is. Voeg dadelik die ys by om die mengsel tot kamertempe­ratuur af te koel. Voeg die hoender en roosmaryn by die pekel en laat dit vir 1 uur in die yskas staan. (Jy moet die vleis heeltemal met vloeistof bedek; sit ’n bord met iets swaars bo-op die hoender om dit onder die water te hou.)

2 Dreineer die hoender en klad die hoenderstu­kke met ’n vadoek droog. Braai nou die hoenderbor­sies in die olie of oor die kole tot goudbruin. Verf die braaisous aan en braai dit nog ’n minuut of twee tot dit gaar en lekker taai is.

3 Klits die slaaisousb­estanddele saam tot glad.

4 Meng ’n groot skep van die slaaisous deur die blare en pak dit saam met die res van die slaaibesta­nddele op ’n groot opdienbord. Sny die hoender in skyfies en rangskik dit bo-op. Sit die slaai saam met die res van die slaaisous voor en laat elkeen homself help.

WENK Brosgebraa­ide spek, geroosterd­e croutons en gekookte eiers werk goed in dié slaai.

 ??  ?? Hoender-en-tortilla“cannelloni”
Hoender-en-tortilla“cannelloni”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa