Weg!

Hoender-en-tortilla‘cannelloni’

-

Genoeg vir 8-10 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Jy benodig

• 4 hoenderbor­sfilette,

in blokkies gesny

• 2 eetlepels olyfolie

• 250 g sampioene, gekerf

• 6 murgpampoe­ntjies,

in ringe gesny

• ½ koppie droë witwyn

• 1½ koppie klaargemaa­kte witsous (of gebruik 1 koppie room as jy luuks wil wees)

• 10 sagte meeltortil­las

• 1½ koppies tamatie-en-basiliepas­tasous (ek gebruik graag Ina Paarman s’n)

• 1 koppie gerasperde cheddar • vars basilie (opsioneel)

Só maak jy

1 Verf die filette met die olie en geur hulle na smaak met sout en peper. Verhit ’n pan tot warm en braai die hoender tot mooi goudbruin. Moet liefs nie te veel aan die stukke karring nie, want dan sal die hoender stoom eerder as braai. Sodra die hoender mooi kleur gekry het, kan jy dit uitskep en die sampioene en murgpampoe­ntjie vir ’n paar minute in dieselfde pan braai.

2 Skink die wyn by die groente en kook dit vinnig af tot byna al die vloeistof weggekook het. Skep die hoender terug in die pan, voeg die witsous by en kook die mengsel vir ’n minuut of twee. Haal dit van die plaat af en laat dit ’n oomblik afkoel.

3 Verdeel die romerige hoendervul­sel tussen die tortillas en rol elkeen styf op. (Ek hou daarvan om die oppervlak van elke tortilla met sous te smeer en dan die hoender en groente in ’n ry te rangskik voordat ek die tortilla toerol.)

4 Sny elke gevulde tortilla loodreg middeldeur en pak die rolletjies kiertsrego­p met die gesnyde kante na onder teen mekaar in ’n oondvaste potjie. (Jy kan dit ook in

’n plat oondbak rangskik.) Giet die pastasous oor en sprinkel die kaas oor. Bak die “cannelloni’s” dan onder

’n warm roosterele­ment totdat die kaas borrel. Garneer die gereg met vars basiliebla­re en lê weg!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa