Weg!

Eenpothoen­der met suurlemoen

-

Genoeg vir 12

Bereidings­tyd 25 minute Gaarmaakty­d 1 uur en 15 minute

Jy benodig

• ½ koppie botter

• 12 knoffelhui­sies, in baie dun

skyfies gesny

• 1 eetlepel vars pietersiel­ie, gekap • 1 suurlemoen, in skyfies gesny

• 2 heel hoenders van sowat

1,2 kg elk

• ½ koppie meel

• 500 g jong aartappels, vir 5 minute gekook

• 400 g jong wortels, goed geskrop • ½ glas witwyn

• 1 koppie hoenderaft­reksel

• 8 spekrepies

Só maak jy

1 Verhit die oond tot 200 ºC. Meng die botter, knoffel, pietersiel­ie en suurlemoen saam. Druk jou wysvinger aan die borskant onder die hoender se vel in en wikkel dit versigtig los van die vleis sonder om die vel te skeur. Doen dieselfde met die ander hoender. Werk nou die helfte van die botter onder elke hoender se vel in en versprei dit tussen die vel en vleis totdat daar oraloor botter, knoffel, pietersiel­ie en suurlemoen is. Smeer enige oortollige botter sommer aan die hoenders se buitekante en geur dit binne en buite met sout en peper.

2 Braai die hoenders vir 15 minute in ’n kleefvrye pan sodat dit reg rondom mooi kleur kry. Werk versigtig sodat die vel mooi bruin braai sonder dat dit skeur.

3 Druk die halfgaar aartappelt­jies effens platter sodat van hulle oopbars, en meng dit met die meel.

Pak die meelbedekt­e aartappels en wortels in ’n groot oondvaste skottel, skink die wyn en aftreksel oor en rangskik die gebraaide hoenders met die borskant na bo bo-op die groentebed. Drapeer die spekrepe oor die hoender, bedek dit stewig met ’n vel waspapier en sit die deksel op. Bak dit vir 1 uur.

4 Haal die deksel af, bedruip die hoender met die pansappe en bak vir nog ongeveer 10 minute sonder die deksel.

 ??  ?? Eenpothoen­der met suurlemoen
Eenpothoen­der met suurlemoen
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa