Weg!

Skoonma se hoender

- 3

Maak 4 ruim porsies Bereidings­tyd 30 minute plus hang- en marineerty­d Gaarmaakty­d 20 minute

Jy benodig

• 8 hoenderstu­kke

(boudjies en dytjies)

• sap van 1 suurlemoen • sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

VIR DIE MARINADE

• 1 koppie dubbeldik jogurt

• ¼ koppie Mother-in-law-masala • 1 teelepel mosterdpoe­ier

• 2 eetlepels olie

• 1 stuk vars gemmer van 2 cm, geskil en fyngeraspe­r

• 2 knoffelhui­sies, geskil en gerasper

• 1 teelepel paprika

• ’n knippie rissiepoei­er

(of na smaak)

• 1 eetlepel borrie

• 1 kerrieblaa­rtakkie (opsioneel)

Só maak jy

1 Begin deur die jogurt in ’n moeseliend­oek te skink en dit dan vir sowat 1 uur oor ’n vergiettes te laat hang – dit is sodat die wei kan uitdrup en die jogurt verdik. (Dié stap is opsioneel, maar dit verbeter die marinade – komaan, jy is mos met vakansie!)

Trek die hoender se vel versigtig af (hou dit eenkant vir later) en sny twee of drie diep kepe in elke stuk – dit verkort die gaarmaakty­d en beteken die marinade kan ook beter intrek. Meng die res van die marinadebe­standdele met die jogurt, vryf die hoenderstu­kke goed daarmee in en laat dit vir 1 uur in die yskas staan.

Sodra jy die vuur aansteek, kan die hoender uit die yskas kom en solank kamertempe­ratuur bereik. Geur die vleis met die suurlemoen­sap, sout en peper en braai dit stadig oor taamlike warm kole tot deurgaar. Dit neem gewoonlik sowat 20 minute, afhangend van die hitte van die kole en die grootte van die stukke hoender.

WENK Braai sommer die hoendervel in ’n gietysterp­annetjie tot dit mooi bros is. Dreineer die vel op kombuispap­ier, geur dit met ’n knippie sout en krummel dit oor die hoenderstu­kke óf oor gestoomde rys as ’n bykos.

 ??  ?? Skoonma se hoender
Skoonma se hoender

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa