Weg!

’N ‘SPORTNUTS’ WAT JOU SAK PAS

Die nuwe Renault Triber het sewe sitplekke, hope binneruimt­e, goeie grondvryho­ogte en jy gaan nie veel meer vir hom betaal as vir ’n intreevlak­motor nie. Waar’s die haakplek, vra Pierre Steyn.

-

Renault kry dit reg om in twee segmente in die Suid-Afrikaanse mark te baklei, en dit dra by tot die goeie verkope wat dié Franse vervaardig­er die afgelope jare hier behaal. In die een segment verkoop hy gesofistik­eerde Europese modelle soos die Koleos, Megane, die Clio en tot ’n mate die Duster, en in die ander goedkoop “Derdewêrel­dmotors” soos die intreevlak-Kwid, die Sandero en nou die nuwe Triber.

Die Triber is ’n basterbrak­kie – bietjie luikrug, baie gesinsbuss­ie en ’n leksel sportnuts. Met sy moderne ontwerp en LED-ligte skort nie veel nie, en binnelangs bied hy moderne geriewe soos Apple CarPlay en Android Auto. Hoewel Renault daarmee spog dat dit ’n sewesitple­kmotor is, is daai agterste twee sitplekke slegs vir noodgevall­e wanneer jy die helfte van die o.10C- sokkerspan na ’n wedstryd moet vervoer.

Gelukkig kan jy maklik sitplekke rondskuif (Renault beweer daar is 100 moontlike sitplekkon­figurasies) en die bussie maak veel meer sin as ’n vyfsitplek­motor.

Ons het die Triber met sy bekendstel­ling op agterpaaie tussen Durban en Pietermari­tzburg gery, en sy padgedrag was veel beter as wat ons van ’n intreevlak­motor verwag het.

Maar dieselfde toetsrit het ook beklemtoon hoekom dit beter sou wees om nie die Triber met sewe volwassene­s vol te prop nie. Selfs met net ’n bestuurder en een passasier aan boord, het die 1.0 liter-driesilind­erenjintji­e

(hier is geen sprake van ’n aanjaer nie) hard asemgehaal teen die bulte.

Daar is net soveel wat jy van 52 kW se krag en 96 Nm se wringkrag kan verwag, en wonderwerk­e is nie een van hulle nie. Jou linkerhand gaan gereeld die rathefboom tussen vyfde en vierde rat moet roer om momentum te behou.

Anders as die flou enjin skort daar nie veel met die Triber nie. ABS-remme en lugsakke voor is standaard, en die duurder Prestige-model het ook kantlugsak­ke. Met die Triber gaan Renault sy stamboom aansienlik vergroot.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa