Weg!

’N KRAGBOKS SOOS MIN

Ná die sukses van die “grys boks” en “swart boks” stel National Luna die volgende kragwenner bekend: die “groen boks”.

-

Die afgelope sowat 15 jaar het National Luna se draagbare kragboks, wat oral die “grys boks” genoem is, sy ding gedoen wanneer 4x4-ryers of buitelewe-entoesiast­e ’ n mobiele kragbron of alleenstaa­nde dubbelbatt­erystelsel nodig gehad het.

Meer onlangs, in 2017, het National Luna ’ n afgeskaald­e weergawe van die mobiele kragboks bekend gestel. Hiervoor is die dubbelbatt­erysolenoï­ed vervang met ’ n bekostigba­re stelsel wat ’ n ekstra battery bied plus hope kragpunte wat by jou en jou gesin se unieke behoeftes aangepas kan word. Die veldrygeme­enskap het natuurlik vinnig na hierdie batterybok­s as die “swart boks” begin verwys.

Verrassend genoeg het die “swart boks” nie die verkope van die “grys boks” laat afneem nie omdat elkeen sy eie nismark gevind het. Boonop het die beskikbaar­stelling van die “swart boks” nog ’ n behoefte in die 4x4-mark duidelik gemaak, naamlik die National Luna 25A GS-GSherlaaie­r, en die vermoë om dit aan die buitekant van die swartbokss­telsel te verbind.

Die vraag daarna het gewys daar is ’ n duidelike behoefte aan ’ n mobiele dubbelbatt­erystelsel met die ekstra bonus van ’ n ingeboude GS-GS-herlaaier, sowel as die vermoë om sonkrag te benut. Daarom was die volgende logiese stap die bekendstel­ling van die “groen boks”.

As jy dus op soek is na ’n draagbare kragboks en ’n dubbelbatt­erystelsel wat op sonkrag kan werk én maklik is om te installeer, sal die “groen boks” tot jou redding kom. Dit is die mees omvattende kragoploss­ing wat National Luna tot nou toe bekend gestel het.

Besoek nationallu­na.com vir meer inligting, of bel

011 452 5438 vir pryse of ’n verspreide­r naby aan jou.

National Luna is ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat al 33 jaar op die been is en wat die grootste verskeiden­heid kommersiël­e 12 V-ys-vrieskaste ter wêreld vervaardig. Die maatskappy versprei sy meer as 200 produkte wêreldwyd.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa