Weg!

JANDRÉ VERSTER

-

IG: @the_sa_birder Canon EOS 90D

Sigma 100-400 mm-lens

JANDRÉ VERTEL: Ek is 15 jaar oud en ’n toegewyde voëlkyker en fotograaf. In Desember 2019 was ek op ’n twitch in die soeke na ’n rooikeelre­ier by die Gnu Valley Farm naby Lanseria.

Ek was daar van sowat 8 vm. en het die omgewing te voet verken. Ek was gelukkig genoeg om vinnig my teikenvoël op te spoor (no. 407 op my life list) in ’n rietbeddin­g by een van die damme.

Ek is ook lid van BirdLife Northern Gauteng se voëlbering­ers en kry tans opleiding – ek is geklassifi­seer as ’n C-beringer. Ek geniet dit om in die natuur te wees en my passie uit te leef.

TOAST SÊ: Dis inspireren­d om Jandré se kommentaar te lees. Om op só ’n jong ouderdom al betrokke te wees by voëlbering­ingsprojek­te

– en al 407 van ons voëlspesie­s te gesien het! – wil gedoen wees.

’n Belangstel­ling in voëls is iets wat jou lewe verryk. Baie mense ken ’n visarend en ’n volstruis, maar als tussenin is sommer net nog ’n voël. Maar sodra jy een vinkspesie van ’n volgende kan onderskei, reik jou oog verder as bloot die oppervlak wanneer jy deur iets soos ’n vleiland beweeg. Voëlskyk kan ’n stokperdji­e bly, of jy kan dit kombineer met fotografie, en een of albei hiervan kan selfs ook jou loopbaan word (of juis nodige afleiding van ’n loopbaan wat dalk ver verwyder is van die natuur).

Jandré se foto tref die kol met die reier wat een derde van regs in die raam staan. Nou ’s daar spasie na links (soos ons daarna kyk) waarin die voël kan beweeg. Die beligting was moeilik met die helder sonlig wat van bo en van ágter die reier blyk te val. Jandré kon steeds daarin slaag om die skadukant van die reier goed genoeg te belig om detail te behou. Goeie werk!

Vroeg in 2006 lui Toast Coetzer se foon. Dis Bun Booyens, se stigterred­akteur. Hy wil weet of Toast nie Mali toe wil gaan vir ’n storie nie. Die Toyota Fortuner is pas in SuidAfrika bekend gestel en ’n epiese veldtog volg om die nuwe voertuie te bemark. Twee Fortuners en twee Land Cruisers word na Dakar verskeep en dan Kaapstad toe bestuur.

Toast het by die bemarkings­pan aangesluit vir die skof van Senegal na Mali. “Mali is betowerend,” vertel Toast. “Dit was ’n voorreg om dié land te ervaar wat tans te gevaarlik is om te besoek. En ek kan vir altyd spog dat ek al in Timboektoe was!”

“Ek het die meeste van die foto’s op film geskiet,” sê Toast. Daardie foto’s het in #22 (Augustus 2006) verskyn.

“Die foto’s vir hierdie Fotoportef­eulje is egter geneem met my Nikon D70 – ’n intreevlak-D

SLR in daardie tyd. Ek het die foto’s na swart-wit omgeskakel en hou van die gevoel wat dit skep.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa