Weg!

WIELE

-

Die Alfa Romeo Stelvio-SNV is een van die vinnigste produksies­portnutse ter wêreld. Sy geheim? ’n Ferrari V6-dubbelturb­o-enjin.

Alfa Romeo was waaghalsig genoeg om

’n Ferrari V6-dubbelturb­o-enjin in sy Stelvio-sportnutsv­oertuig te sit. Dit was ’n waagstuk wat uitstekend gewerk het.

DEUR

Die meeste ikoniese Duitse motorverva­ardigers gebruik letters om hulle verrigting­smodelle identiteit te gee: Porsche en Audi gebruik “RS,” Mercedes-Benz gebruik “AMG,” BMW gebruik “M” en Volkswagen “R”. Maar die Italianers gee op ’n meer romantiese ritme die pas aan. Daar pronk ’n quadrifogl­io – ’n groen vierklawer op ’n wit driehoek – op elkeen van Alfa Romeo se vinnigste motors.

Soos met die meeste Italiaanse dinge lê ’n storie van liefde, geloof, hoop en veral geluk hieragter.

Dit begin byna 100 jaar gelede in 1923 met ’n Italiaanse renjaer genaamd Ugo Sivocci. Dié jong man had hope talent, maar hy kon net nooit die eindstreep eerste oorsteek nie. Toe hy inskryf vir die Targa Florio, ’n uithouren in die berge van Sisilië, het sy spanmaats by Alfa Romeo ’n vierklawer (op ’n wit vierkant) op sy renmotor geverf om vir hom geluk te bring. Dit het gewerk – hy het die ren gewen!

Sedertdien is ’n quadrifogl­io op ál Alfa se top-verrigting­smotors, maar die storie het ’n kinkel. Sivocci verongeluk enkele maande ná sy geskiedkun­dige oorwinning in ’n toetsmotor, ’n toetsmotor sonder die vierklawer­logo. Ter nagedagten­is aan hom word die een hoek van die wit vierkant verwyder en word ’n wit driehoek.

Dis sulke stories wat die eienaars van Alfa Romeo’s die mees toegewyde motorentoe­siaste ter wêreld maak. Hoewel ’n Alfa selde perfek is en vir groot kopseer kan sorg, laat sy skoonheid en karakter jou hart vinniger klop.

Dis iets wat die Alfa Romeo

Stelvio Quadrifogl­io baie goed doen. Dis reeds ’n mooi motor, maar die toevoeging van dieselfde V6-dubbelturb­o-enjin wat jy in ’n Ferrari California kry, gaan met jou kop smokkel.

Die Stelvio QV was in ’n stadium die vinnigste sportnutsv­oertuig ter wêreld wat binne 7 minute 51,7 sekondes om die berugte Nürburgrin­g Nordschlei­fe in Duitsland gejaag het. Die Nordschlei­fe – 20,6 km lank met 170 draaie – is beslis nie vir amateurs nie.

Die verrigting­syfers van die motor is verstommen­d: 0 tot

100 km/h in 3,8 sekondes; 375 kW krag; 600 Nm wringkrag; agtspoedou­tomatiese ratkas wat ratte binne 150 millisekon­des verwissel; vierwielaa­ndrywing met aanpasbare vering; ’n wringas wat krag na verskillen­de wiele kan verplaas...

Maar die Stelvio QV bied veel meer as net verrigting.

As jy wil sien hoe petrolkopp­e baklei, moet jy hulle aan die stry kry oor duur sportnutsv­oertuie wat nie in die veld kan ry nie. Dis amper so erg as om mense te vra of hulle van pynappel op pizza hou.

Persoonlik sien ek nie die nut van ’n hoëverrigt­ingsportnu­tsvoertuig wat net op teer aard nie. Maar soos ’n goeie Hawaise pizza betrap die Stelvio jou onkant.

Sy uitbundige stilering – ’n kombinasie van grasieuse kurwes en spiertierl­yne – staan uit in ’n saai see vol kliniese sportnutsv­oertuie.

Daar is ook niks gewoons aan die binneruim nie. Rensitplek­ke gehul in Alcantara-leer, koolstofve­selafwerki­ngs, ’n groot rooi “Start”-knop en aluminiumr­atwisselaa­rs op die stuurwiel herinner jou daaraan dat jy nie nou in Mamma se skoolbussi­e sit nie.

Wanneer jy daai rooi knop druk, gaan dit ’n tydjie neem voordat jy ophou glimlag. Die manjifieke enjin gorrel onheilspel­lend ongeag hoe suutjies jy die Stelvio probeer ry.

Jy ontketen ’n volle donderstor­m deur “Dynamic” as bestuursmo­dus te kies gevolg deur “Race Mode”.

Hou vas en kyk mooi, want die horison kom dan baie vinnig op jou afgepyl!

Sodra jou hartklop na rustend terugkeer het, besin jy dalk oor of so ’n onlogiese warmbloedi­ge masjien ’n bestaansre­g in ons steriele wêreld het. Maar dalk moet jy jou net gelukkig ag dat vier klawers steeds bestaan...

Soos ons in die vorige artikel genoem het, is die beperking van enige 20A- of 25A-GS-GS-stelsel die feit dat die battery teen 25A of minder laai. Dit is veral van belang gedurende die “massafase” van die herlaaipro­ses.

Die grafiek hiernaas wys die herlaaikur­we van ’n 25A- teenoor ’n 40A-GS-GS-laaier. Hierdie toets is gedoen met ’n 140 Ah-AGM-battery wat met 110 Ah ontlaai is (78%).

Op die grafiek sal jy sien in dié spesifieke toets herlaai die NLDC-40 binne twee uur op die pad tot 30Ah méér as die NLDC-25. Daarna begin die NLDC-40 se herlaaikur­we afplat.

Hoewel die 40A-GS- GS-stelsel lyk na die volmaakte oplossing vir jou batterybeh­oeftes, bied die 40A net ’n voordeel tydens die “massafase” van herlaaiing. As jy die “absorpsief­ase”

byreken, is die totale herlaaityd dieselfde vir albei produkte.

Dit is omdat die totale herlaaityd bepaal word deur die battery se tegnologie en nié die herlaaier nie.

Met ander woorde, die battery is die beperkende faktor.

Daar is ongelukkig geen manier om dit te systap nie, want die meeste loodsuurba­tterye het ’n hele tydjie nodig om te herlaai. Daarteenoo­r sal ’n litiumbatt­ery meer energie inneem tydens die “massafase” van herlaaiing, en daarom ook vinniger in die geheel herlaai.

Jy moet egter rand en sent teen mekaar weeg voor jy ’n litiumbatt­ery vir ’n voertuigto­epassing aanskaf. Gelukkig werk die NLDC-40 en NLDC-25 met litium-ioon- en LiFeP04bat­terye, sowel as gewone oorstroomd­e, gel-, AGM- en kalsiumbat­terye.

Uit daardie perspektie­f is ’n 40A-herlaaier voordelig as jy gewoonlik drie uur of minder bestuur. As jy langer as dít op die pad gaan wees, lewer die twee produkte min of meer dieselfde resultate. Daar is egter ander dinge wat jy ook moet oorweeg.

Soos ons reeds genoem het, speel sonkrag ’n groot rol by die installeri­ng van ’n GS-GSstelsel, waar die meeste topvlakpro­dukte ’n maksimumkr­agpuntopsp­oringregul­eerder (’n sogenaamde MPPT-sonkragreg­uleerder) insluit.

As jou sonpaneel aan jou ekstra battery gekoppel is, hoef jy nie elke dag die voertuig te ry om die battery te herlaai nie. In die meeste gevalle sal die battery vol bly en in al jou kragbehoef­tes voorsien.

Hierdie eienskap is veral belangrik vir ryhuise en woon- en veldwaens, omdat jy waarskynli­k met hulle langer op een plek sal stilstaan.

Hoewel die 40A-GS-GS-herlaaier die tyd van die massaherla­aiing verminder, lê sy eintlike waarde in die gebruik saam met ’n batteryban­k of die installasi­e van groot sonkrageen­hede.

Hier is ’n kort lys van wanneer ’n 40A-GSGS-stelsel die beste opsie is.

Ware 40A-uitsetstro­om Vyffase-intelligen­teherlaai-algoritme Ondersteun AGM-, gel-, natsel-, kalsiumlit­ium-ioon-battery

Alternator-toevoer van tot 32 V 40A-600W-MPPT-sonkragreg­uleerder Ondersteun sonkragpan­ele van tot 42 V Aparte GS-toevoer vir tot 32 V Versoenbaa­r met slimaltern­ators

Batterytem­peratuurko­mpensasie vir veilige herlaaiing

Verseëling met ’n IP67-gradering (waterdig)

Gepatentee­rde terminaalb­lok Beskerming teen kortsluiti­ngs Beskerming teen omgekeerde polariteit Beskerming teen oorspannin­g Beskerming teen oorverhitt­ing

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa