Weg!

V & A

-

MARIEKE VAN DER VYVER van Albertinia skryf: Ek het dié spinnekop wat ’n by vang, in my tuin afgeneem en moes mooi kyk om die besonderse oomblik vas te vang.

Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis ’n krapspinne­kop ( Thomisus daradioide­s). Die naam is afkomstig van hulle krapagtige manier van beweeg. Hulle lig – nes ’n krap – hulle voorbene as iets hulle bedreig.

Die spinnekopp­e het dikwels treffende kleure wat wissel tussen wit, geel en pienk. Hulle kan oor ’n paar dae van kleur verander om met hulle omgewing saam te smelt.

Hulle is hinderlaag­jagters wat sit en wag vir prooi. Hulle gif werk vinnig in insekte, wat maak dat hulle ’n heelwat groter prooi soos dié by kan vang. Hulle steek gaatjies in hulle prooi en suig die liggaamsvl­oeistowwe uit.

Krapspinne­koppe kom algemeen voor in tuine en speel ’n belangrike rol in insekbehee­r en ’n gesonde ekostelsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa