O
ns gesin het drie honde: ’n geel labrador genaamd Hunter, ’n bruin labrador genaamd Coco en ’n gespikkelde worshond, Lucy.
As ek dit net durf waag om aan ’n leiband te vat begin hulle mal blaf.
Daar word in die rondte getol en getrippel, amper soos peuters wat te veel malvalekkers by ’n My Little Ponykinderpartytjie geëet het.
Of – afhangend van hoe jy daarna kyk – soos histeriese winskopiejagters by
RUBRIEK
N1 City op Swart Vrydag.
Sterte waai ywerig, hondenaels gly op teëls, en enigeen wat in die pad van hulle en tydelike ontslag uit ons erf staan, loop die gevaar om onderstebo geboender te word.
Die opwinding begin eintlik reeds wanneer ek my klerekas oopmaak, honde agterna, en my tekkies uithaal. (Dis seker wat my vrou oor mý sê as ek die eerste note van “Nkosi Sikelel iAfrika” voor ’n rugbytoets hoor...)
Sodra die tekkies aan my voete en ek beslis op pad is na die leibande, is die
SKETS
koeël deur die kerk. Daar is ’n groter kans jy kry politici om die waarheid te vertel as om ons drie honde te bedaar.
Soms gaan stap ek net met die twee grotes, Coco en Hunter, want Lucy se klein lyfie raak maklik platgetrap onder oorywerige labradorpote, en sy kan ook nie so ver soos hulle stap nie. Dan weerklink Lucy se weemoedige getjank oor die onreg wat sy aangedoen is.
Dieselfde gebeur wanneer ek die dag een van die honde veearts toe moet neem: Die tweetjies wat agterbly, huil aanvanklik so erg ’n mens sou