Weg!

DAG 1

-

As ’n hele dag se ry jou nie afskrik nie, sal dit uit Gauteng ’n láng dag vat om tot op Maun te ry, en van Kaapstad af twee volle dae (twee of drie maak meer sin).

Vertoef dus eers ’n dag op Maun voordat jy die gramadoela­s aanpak. Maak jou inkopielys terwyl jy aansit vir ontbyt by die Tshilli Farmstall op die hoek van die

Sir Seretse Khamapad en Motshabast­raat. Probeer die Full Tshilli Farmstall-ontbyt met ’n glas van die bobaas yskoffie.

Maun het twee Spar-supermarkt­e en ’n Clicksapte­ek waar jy al jou inkopies kan doen. Tent in jou oprit vergeet? Klop aan by Kalahari Kanvas in Mathiba I-straat, of by die Landmark langs die Sekgomapad.

Of jy nou hou van hoender of lam, by die Beef Boys Meat Market en Delta Meat Deli kan jy vleis koop.

Jy kan sommer krokodil- en tarentaalv­leis koop as jy avontuurlu­stig is! (Jy is. Probeer dit.)

Albei die slaghuise kan bevrore pakkies maak wat jy net kan kom optel (kontak hulle ’n week vooraf ). Jy kan ook vars vrugte en groente bestel.

Teen middagete behoort al jou inkopies klaar te wees. Bederf jouself met ’n middagete by Marc’s Eatery. Bestel ’n frikkadelt­oebie (P60) of ’n wildsvleis­burger (P80). Dis eers weer op Kasane waar iemand anders vir jou gaan kos maak.

Kamp by die Island Safari Lodge langs die Thamalakan­erivier aan die noordekant van die dorp. Die staanplekk­e het kragpunte, hier is skoon ablusieblo­kke met warm water en selfs ’n restaurant.

Al sit jy in jou kampstoel en oor die rivier kyk, herinner die gebalk van donkies en blaffende honde jou dat jy op ’n dorp is. Trouens, die nabygeleë kroeg hou dalk ’n ABBAaand, en Debonairs lewer pizzas af in die kampterrei­n. Van môre af is dit egter ’n gans ander storie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa