Weg!

DAG 2

-

Staan vroeg op, ons gaan Moremi toe! Volg die pad noord in die rigting van die dorpie Mababe. Draai ná sowat

49 km links na die Moremi-wildreserv­aat.

Meld aan by South Gate (ook bekend as die Maqweehek). Vra ook by die hek na die toestand van die brûe, asook die waterkruis­ings. Verminder jou banddruk by die hek; die paaie is sanderig in Moremi. Tog is dit die waterkruis­ings waarvoor die park berug is. Moremi is die enigste plek waar jy met jou voertuig die uitlopers van die Okavangode­lta kan verken. Die delta word gevoed deur die Okavangori­vier wat in Angola ontspring. Die watervlak hang af van hoe baie dit in die laatsomer in Angola gereën het en watter tyd van die jaar jy die delta besoek.

Talle seisoenpaa­ie is onbegaanba­ar wanneer die waters die delta bereik. Moet dus nie kanse waag nie – hou op die droë paaie.

Sowat 4 km van die hek af draai van die hoofpad links na die skaduryke Mokhutshom­o-piekniekpl­ek. Hou hier stil vir middagete.

Tot by hierdie piekniekpl­ek ry jy meestal deur grasveld (wees op die uitkyk vir luiperds), maar sodra jy by die piekniekpl­ek wegtrek, is jy die eerste keer teenaan die Okavangode­lta.

Trek af by die Mogogelo-poele se uitkykpunt of die Letlhaka-uitkykpunt voordat die pad weer terugswenk na die hoofpad. Soek rondom dié uitkykpunt­e na jou eerste seekoei in die poele. As die poele begin droog raak, drom visarende hier saam om ’n vis wat in die modder spartel vas te trek.

Draai links wanneer jy weer by die hoofpad aansluit en ry nog 36 km tot by die Third Bridge-kamp. Maak reg vir jou eerste waterkruis­ings, asook First Bridge en Second Bridge – twee paalbrûe oor dieper kanale.

 ??  ?? Third Bridge is die langste (en stewigste) van die vier paalbrûe in Moremi. Vra by die hek wat die toestand van die brûe is. Die kampplek is net anderkant die brug en as dit stukkend is, gaan jy ’n wye ompad moet ry.
Third Bridge is die langste (en stewigste) van die vier paalbrûe in Moremi. Vra by die hek wat die toestand van die brûe is. Die kampplek is net anderkant die brug en as dit stukkend is, gaan jy ’n wye ompad moet ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa