Weg!

GARETH PINNOCK

Canon EOS 80D Tamron 150-400 mm-lens

-

GARETH SKRYF: Ek is van Johannesbu­rg en het dié foto in die Dinokeng-wildreserv­aat geneem.

Die digte gras aan weerskante van die pad het geen uitkomkans vir die arme volstruisi­es gebied nie. Ek het hulle vir ’n kilometer of twee gevolg en ’n goeie volgafstan­d handhaaf, maar Ma en Pa het my goed dopgehou. Ek het maar my zoemlens ingespan.

TOAST SÊ: Dis oulik! Volstruisk­uikens is so onweerstaa­nbaar soos bobbejaanb­abas en klein vlakvarkie­s. Ag wat, alle dierebabas is oulik!

Gareth kon uit ’n lae hoek skiet en die kuikens kon mooi teen die agtergrond uitstaan. Fokus was natuurlik ’n probleem, maar dit help dat die kuikens die naaste aan die lens in fokus is. ’n Bonus is dat een van die kuikens wat in fokus is, na die kant kyk – soos die een hier voor links... ’n Mens sien dus die kuiken in profiel, en nie net die agterkant van sy kop nie.

Ek hou van die vorms van die kuikens, en hulle skadu’s op die grond. Dit verskaf ’n patroon in die foto wat, as ek reg tel, sewe keer herhaal word.

Goeie werk, Gareth!

>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa