Weg!

MALCOLM RUSSEL

Nikon D7000 Nikon VR 16-85 mm-lens

-

MALCOLM SKRYF: Ek het ’n ruk gelede na Antarktika gevaar op ’n 101 jaar oue skip genaamd STS (Sail Training Ship) Europa.

Ek het by Punta Arenas, Chili, aan boord gegaan en ons het wes gevaar deur die Straat Van Magellaan en langs die weskus van Terra Del Fuego. Ons het by Kaap Hoorn aangekom, en is van daar af met die Drake-deurgang na die Antarkties­e Skiereilan­d. Toe het ons teruggedra­ai en gevaar na Ushuaia in

Argentinië, waar my reis tot ’n einde gekom het. Ek het 3 500 foto’s op die vaart geneem.

Hierdie is ’n witoorpikk­ewyn. Ek het foto’s geneem van stukke ys wat tot interessan­te formasies gesmelt het, toe ek die pikkewyn langs ’n “yshoender” sien staan.

TOAST SÊ: Ek hou sommer baie hiervan! ’n Fotograaf is gedurig aan die soek... Na die regte ligging, die regte lig, dalk ’n bietjie aksie, of bloot

’n oomblik wat ’n storie vertel. En hoe meer jy kyk, hoe meer sien jy. Jy ontwikkel ’n visuele geletterdh­eid en saam met gereeld foto’s neem, ontwikkel elke fotograaf sy styl.

Fotograwe “sien” ook nie noodwendig ’n beeld dieselfde nie. Dink maar aan ’n groep mense wat na wolke kyk: Een persoon sien dalk ’n wolk wat soos ’n kruiwa lyk, maar vir iemand anders lyk dit kompleet soos ’n worshondji­e.

Malcolm het die yshoender gesien en met die pikkewyn langsaan kon hy ’n snaakse kiekie neem. Humor kan ’n lekker rol in natuurfoto’s speel. ’n Trop bobbejane kan maklik tot ’n snaakse foto lei, maar nie juis ’n hartbees met ’n lang gesig nie... maar hoe meer jy kyk, hoe meer geleenthed­e sal jy sien.

Ek hou van die kleurflits van die pikkewyn se oranje snawel en voete, asook die klippies wat ’n anderwêrel­dse agtergrond skep. Dit lyk soos ’n see van grys borrels. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa