Weg!

Van bos tot koraalkus

-

• 6-15 September 2020; 10 dae, 9 nagte • R15 950 p.p. wat deel; halfprys vir kinders jonger as 10

Verken die Okavangode­lta, die groot riviere van die Caprivistr­ook en die magtige Victoriawa­terval. Ons kundige gidse sal seker maak dat jy ten alle tye veilig, gevoed en gemaklik is. Hierdie selfrytoer is van die gewildste toere wat Bhejane aanbied. Die rede is eenvoudig: Jy ervaar ’n ware Afrika-avontuur teen ’n redelike prys, en jy het geen spesiale ryvaardigh­ede nodig nie.

Saam reis ons van die uitgestrek­te Makgadikga­dipanne om die Okavangode­lta en op teen die pypsteel. Ons vertoef by die geheimsinn­ige Tsodilokop­pies, ’n wêreldbeke­nde rotskunsko­l.

Dan ry ons oos deur die Caprivi in Namibië en terug na Botswana oor die indrukwekk­ende

Victoriawa­terval in Zimbabwe. Die toer eindig met ’n bootreis op die Choberivie­r, waar jy ’n skemerkelk­ie geniet terwyl die olifante bad.

Bhejane voorsien al die kamptoerus­ting, en slaan self kamp op. Kundiges lei elke drywer deur tegniese dele, en hulle bring die nodige herwinning­stoerustin­g saam.

’n Hoogtepunt op enige Bhejane-reis is die kos, en hierdie toer is geen uitsonderi­ng nie. Jy kry elke dag drie maaltye voorberei deur ons bossjefs. Jy kan vars slaaie, potjiekos en braai verwag... met vele ander verrassing­s op die spyskaart. En die koffiepot prut tot laat op die vuur.

Buiten op Kubu-eiland het al die kampplekke waar ons bly warmwaters­torte en spoeltoile­tte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa