Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe ver stap ek? Drie roetes begin by die Olifantsbo­sparkeerte­rrein. Dié sirkelroet­e wat ons gestap het, is ’n kombinasie van die Skeepswrak- en Sirkelsvle­iroete – dis sowat 9,5 km.

Jy kan ook die korter SS Thomas T. Tucker-roete stap deur reguit strand toe te mik en heeltyd strandlang­s te hou tot by die wrak – dis sowat 3 km uit en tuis. Die Skeepswrak­roete loop ook strandlang­s verby die

SS Thomas T. Tucker en die Nolloth op tot by die plato en terug na die parkeerter­rein (6,5 km uit en tuis). Die Sirkelsvle­iroete (7 km) begin by die valhek net voor jy afdraai na die Olifantsbo­sstrand.

Kaarte? Kry Peter Slingsby se puik Kaappunt-kaart (vanaf R107 op slingsby-maps.myshopify. com). Dis propvol inligting oor die omgewing en dui allerlei mooi name en dinge aan wat jy nie elders gaan opspoor nie. En dit sal sorg dat jy nie verdwaal nie!

Hoe fiks moet ek wees? Die roete is meestal gelyk. Jy klim wel vir ’n kilometer lank geleidelik tot bo-op die plato. En stap ook die eerste twee kilometer op sand.

Water? Bring jou eie.

Oop Elke dag van 7 vm.-5 nm. in die winter en 6 vm.-6 nm. in die somer.

Koste? Dagtarief: R80 p.p. en R40 per kind (Gratis met ’n Wild Card).

Kontak 021 780 9100;

sanparks.org

EVAN NAUDÉ

DEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa