Weg!

AL MET DIE SKEDELKUS LANGS

Die wye vlaktes van Namibië roep halt teen die magtige Kunenerivi­er. EVAN NAUDÉ reis al langs die Skedelkus tot by dié rivier se monding én trek die eerste vis van sy lewe uit!

- FOTO’S EVAN NAUDÉ

“Dis asof die Cruiser oor ’n verfrommel­de roomkleuri­ge fluweelkom­bers gly, stadig maar seker af in die holtes en met ’n brullende enjin tot bo-op die kruine. In die agtergrond lê die see soos goud.”

Die strand voor St Nowhere Spa and Camp is die teenoorges­telde van wat ’n mens verwag as jy see toe kom. Die donker sand is oortrek met bamboes en houtopdrif­sels, die see is onstuimig en ’n onbeskofte wind waai hoendervle­is onder jou baadjie in.

Dis laatmiddag, maar dis moeilik om te sê waar die son behoort te wees. Pleks van daai oranje-pienk gloed op die horison lê hier net ’n vaalgrys mismuur oor die Atlantiese Oseaan.

Waar de joos is St Nowhere, wonder jy. Die oord is sowat 100 km noord van Hentiesbaa­i langs die Skedelkus in Namibië. Toegegee, mense kom nie hierheen vir skemerkelk­ies en sonsonderg­angfoto’s nie.

Ek is ook nie hier om ’n tan te vang nie. Ek rits my baadjie toe tot onder my ken en trek ’n mus oor my kop en stap terug na kampterrei­n toe. Ons het heeldag van Windhoek af tot hier gery. St Nowhere is die beginpunt van ons reis na ’n gans ander plek nóg meer afgeleë: Die Kunenerivi­ermonding.

Die langpad noord

Vanoggend lyk die dagbreek nes gister se skemer, grysvaal. ’n Koppie koffie spoel ’n bietjie hitte deur my lyf. Ek is saam met ’n reccespan van Bhejane 4x4 Adventures om ’n nuwe toer in die Skedelkus uit te pluis. Besoekers na die verre noorde van die Skedelkus- nasionale park word streng beheer. Net toeroperat­eurs met ’n permit word in dié konsessieg­ebied noord van Möwebaai toegelaat. En net sowat 20 toere reis per jaar tot by die Kunenemond­ing.

Gewoonlik bring die toergroepe net ’n dag by die monding deur voor hulle binneland toe swenk en die Kaokoveld invaar. Die konsessieh­ouers Skeleton Coast Adventure Tours/OIG het toestemmin­g verkry om in ’n beperkte gebied naby die monding te hengel.

Voëlskyk, duinry en die wete dat die naaste dorp sowat 230 km weg is, maak dat ’n mens sommer vir ewig daar wil afpak!

Daar is twee voertuie in ons konvooi.

Agter die stuur van ’n Toyota Land Cruiser sit Phil van Wyk van Gochas, ek sit in die passasiers­itplek en agter sit Pieter de Lange van Mariental. John van den Bergh is ’n agterryer met ’n ewe swaargelaa­ide Hilux, al die pad van Wildernis af. Johan Soekoe van George, Bjorn Coetzee van Mosselbaai en Dries Reyneke van Keetmansho­op ry saam met hom.

Die plan is om kuslangs tot by die Kunenemond­ing te ry, drie aande oor te slaap en dan weer suid te draai om by die gehuggie Puros in die binneland te eindig.

Die voertuie kreun onder ’n berg voorraad vir die volgende vyf dae: tente, tafels, stoele, vrieskaste, koelbokse, braairoost­ers, grondseile, skadunette en ’n versamelin­g kratte met kos, drinkgoed, eetgerei en noodonderd­ele.

Waar ons heen mik, is geen geriewe nie. Dis verbasend hoeveel goed sewe mense nodig het om te oorleef!

By die Skedelkus- nasionale park se

Ugabhek, sowat 30 km noord van St Nowhere, neem ons ’n foto voor die hekke wat met reuse-skedels “versier” is. ’n Ent verder hou ons stil by die verroeste oorblyfsel­s van ’n olieboor en trek daarna ’n stofstreep verby die verlate Toscanini-diamantmyn.

Dié stuk grondpad is lank en reguit. Deur die linkerruit lê ’n ysblou strook van die Atlantiese Oseaan en buite die regterruit sweef ’n plat, vaal landskap verby.

’n Stilte daal in die bakkie neer. Die mensdom het maar ’n ellendige verhouding met dié kus. Oor die eeue heen het honderde skepe hierlangs gestrand: Gertrud Woerman (1903), Maria Angelina (1923), Heideveld (1968), Winston (1977)... In meer onlangse jare het die olie- en diamantbed­ryf probeer om ’n winsgewend­e bestaan hier te voer, maar die insetkoste kon uiteindeli­k nie byhou met die uitdagende omgewing nie.

Hetsy jy as skipbreuke­ling of met ’n blink sakeplan hier aanmeld, dit smaak my die natuur wen elke keer. Die wind waai jou sat, alles roes en vars water is ’n probleem. Al wat uiteindeli­k oorbly, is geraamtes van been of yster. Sommige se stories word onthou terwyl ander se verhale deur sand weggevee word.

’n Duineveld wat skielik anderkant Torrabaai opdoem, pluk my uit my dagdroom. Dis nog 48 km tot op Terracebaa­i. Hier is ’n basiese vakansieoo­rd met ’n kiosk en ’n vulstasie. Dis ons laaste kans vir brandstof; dus maak ons alles wat ons het vol.

Sandry, skeepswrak­ke en strandwolw­e

Wanneer ons weer in die pad val, sukkel Phil met die GPS wat teen die voorruit gemonteer is. Die blikbrein wil nie ons roete verstaan nie. “GPS’e werk nie so lekker op plekke soos dié nie,” sê hy laggend.

Terracebaa­i is die verste punt wat jy met ’n gewone besoekperm­it in die park mag besoek en die vooruitsig van die niemandsla­nd wat voorlê, maak ons opgewonde, want van hierdie punt af word net konsessieh­ouers se gaste toegelaat.

Pieter leun vorentoe uit die agtersitpl­ek. “Weet jy, elke meter hiervandaa­n is die verste noordwes wat ek al ooit in Namibië was. Dis nou ’n merkie op my bucket list!” >

Anderkant Terracebaa­i loop ’n 80 km lange grondpad kuslangs tot by Möwebaai, die laaste buitepos van die park. Hier begin die konsessieg­ebied en Phil glip by die kantoor in om ons papierwerk af te handel.

Möwebaai is ’n veldwagter­skamp in ’n woeste omgewing. Hier is ’n handjie vol sonverblei­kte geboutjies vir veldwagter­s, ’n navorsings­tasie en ’n klein museum. Onder die middagson is die lig skerp en die skaduwees kort. ’n Jakkals skarrel tussen die geboue deur terwyl ’n streep kraaie eenkant op ’n dak sit en krys.

Ek maak ’n draai in die stowwerige onbemande museumpie en neem foto’s van ’n bruinhiëna se kopbeen, ’n handgesket­ste Duitse plakkaat uit 1978 en ’n leeufetus in ’n glasfles.

Hier woon sowat vier of vyf mense op ’n slag, maar vandag sien ons net een verveelde veldwagter agter die toonbank. Buiten 4x4toergro­epe kom hier nou en dan ook gaste van die deftige Shipwreck Lodge, 40 km verder noord, en werkers van ’n diamantmyn naby die Kunene verby.

Al tekens van dié mense is handtekeni­nge in ’n besoekersb­oek. Phil vertel dat ons nie die lodge en die myn op ons roete gaan sien nie.

Het ek geweet dat die veldwagter die laaste siel sou wees wat ons in vyf dae sien, het ek dalk ’n geselsie aangeknoop.

Die grondpad loop dood by Möwe. Van hier af is dit sandrywêre­ld en ons blaas die bakkies se bande af voor ons strandlang­s noordwaart­s vertrek.

“There is no more treacherou­s coast in the world than this,” skryf John Marsh in sy boek Skeleton Coast. “Ships navigating in these waters have to contend not only with a moving coastline, the possibilit­y of uncharted rocks, and the powerful Benguella current which often sweeps at four knots up the coast, gripping unwary vessels and setting them in towards the shore. They have to contend, too, with occasional subterrane­an eruptions which change the sea bed, push up islands where there was deep water before and produce other strange and startling phenomena.”

Marsh vertel die verhaal van die Dunedin Star. Dié Britse vragskip het op pad na Kaapstad laat in die nag van 29 November 1942 sowat 80 km suid van die Kunenemond­ing gestrand. Die reddingspo­ging om die 106 passasiers te red het amper ’n maand geduur.

Verskeie reddingsbo­te het die noodoproep beantwoord en ’n konvooi 4x4’s het van die binneland af die skipbreuke­linge probeer bereik.

Sowat 10 km voor die Hoarusibmo­nding trek ons af en neem foto’s van groot metaalsker­we op die sand. Die Dunedin Star? Nee, dis stukke van ’n vliegtuig. ’n Lockheed Venturabom­werper uit Kaapstad het proviand gebring vir die Dunedin Star se bemanning, maar met die landing in die sand vasgeval.

Later, ná die suksesvoll­e reddingspo­ging van die Dunedin Star én die vliegtuig se bemanning, het ’n konvooi teruggekom om die vliegtuig uit te grawe. Die vliegtuig kon uiteindeli­k opstyg, maar skaars 45 minute later pak die linkerenji­n op en die Ventura stort neer in die see naby Rocky Point, sowat 50 km noord van Möwebaai. Selfs vliegtuie is nie veilig langs dié kus nie!

Anderkant die Hoarusib is dit nie lank nie voor ons nog een van Kaokoland se bekende riviere, die Khumib, se monding kruis. Tussen ons en die branders wei twee springbokk­e op die strand.

Anderkant Rocky Point lê plek-plek pelsrobkol­onies in stinkende hope in die son en bak. Verby Angra Fria, ’n klein skiereilan­d met ’n weerstasie, kry ons die plek waar die Dunedin Star se passasiers op die strand om hulp gewag het. ’n Paar planke van hulle skuiling steek uit die sand voor ’n gedenkplaa­t wat in 2017 deur Sidney Palmer, een van die skipbreuke­linge, opgerig is. Sidney was 2½ jaar oud en die jongste passasier aan boord.

Phil lei ons oor ’n wye gruisvlakt­e en soek tevergeefs ’n kampplek waar die wind nie so sterk stoot nie. Ons kies ’n kolletjie tussen hoë rotsriwwe wat uit die sand steek, maar ’n koue bries torring nogtans aan my tent se flappe.

Wanneer die son agter die horison verdwyn, kom maak ’n jakkals ’n draai in die kamp, gevolg deur ’n bruinhiëna. Die oumense het hulle strandwolw­e of -jutte genoem. Die dier met sy geboë postuur is van die min wat hierdie harde en onheilspel­lende landskap huis noem.

Waar Nambië ophou

Die volgende oggend vorder ons gou verby Bosluisbaa­i na die voet van ’n hengse duin, sowat 10 km suid van die rivermondi­ng. Hier maak ons kamp vir drie aande. Skuins na middagete breek die groot oomblik aan: Dis tyd om te gaan kyk waar Namibië ophou.

Die Kunenemond­ing vang ’n mens onkant. Die rivier se oewer is plat; dus sien ’n mens nie die water van ver af nie. Voor jy jou kom kry, moet jy vinnig rem trap. Die rivier kom met mag uit die ooste, kloof die strand in twee en ’n 300 m wye monding stoot ’n massa bruin water diep in die Benguela-seestroom in. Aan die oorkant kan ek Angola uitmaak. Die landskap is ’n spieëlbeel­d van waar ons staan, maar daar is sewe minder mense op die strand.

Dié aand om die kampvuur beplan ons die volgende twee dae se aktiwiteit­e en ruil teorieë >

oor die beste visvangple­kke. Ons is gelukkig met die getye, want dis laagwater net ná sonop en hoogwater in die namiddag. “Jy wil alkant van die gety se draai visvang,” verduideli­k Dries.

Die volgende paar dae volg dieselfde roetine: Hengel vroegoggen­d en laatmiddag, en ’n bietjie rondry (en ’n middagslap­ie) tussenin.

Teen hierdie tyd is ons meer bestand teen die meedoënlos­e wind, maar op die oop strand word jou uithouverm­oë getoets. Los sandkorrel­s hardloop in dwarrels oor die harde sand naby die water en klits jou enkels sonder genade. En as jy nie jou rug op die wind draai nie, waai dit ’n soutlaag in jou agterkeel vas en laat jou ooglede wapper.

Ons probeer verskeie hengelplek­ke, sommige met meer geluk as ander. By een “gat” vang Dries ’n netjiese kabeljou met sy eerste gooi en trek kort daarna ’n groter 82 cm-kabeljou uit. “My persoonlik­e beste!” kondig hy trots aan terwyl hy met die vis terug water toe draf. Kort voor lank trek John en Johan ook ’n paar kolsterte uit.

In die namiddag verken ons die duine rondom die kamp. Aanvanklik is dit moeilik om diepte te skat omdat alles rondom jou dieselfde kleur is, maar wanneer die son laag sit, rek die skaduwees en onthul die duine se kontoere. Uiteindeli­k is dit asof die Cruiser oor ’n verfrommel­de roomkleuri­ge fluweelkom­bers gly, stadig maar seker af in die holtes en met ’n brullende enjin tot bo-op die kruine. In die agtergrond lê die see soos ’n strook goud.

Op die voorlaaste dag van die toer bly ons tot skemer by die Kunenemond­ing. Die ernstige vissermann­e probeer hulle bes om ons laaste aas te gebruik.

“Evan, kom hou hier vas,” roep Bjorn skielik net ná hy nog ’n lyn ingegooi het. Hy weet ek vang glad nie vis nie.

“Ek kan sommer voel hier gaan nou-nou ’n groot ding byt!” Ek staan gedwee nader en vat die visstok, vir ’n oomblik onseker watter hand waar moet vasvat.

“Hou die lyn styf,” verduideli­k Bjorn. “Jy sal voel hy vat-vat so, dan gee jy ’n lekker pluk en begin katrol.”

Ek boor my voete in die sand, druk die stok se handvatsel in my heup en tuur oor die water uit. Dis mos hoe die vissermann­e dit doen, dink ek, en nou gaan ek uiteindeli­k uitvind waaroor hulle staan en dink terwyl hulle vir ’n vis wag.

Maar dis skaars vyf minute voor ek ’n plukkie aan die lyn voel.

Die boonste puntjie van die visstok buig-buig afwaarts, soos ’n krom vinger wat vir my wil wys daar is iets in die water.

Ek pluk die stok op en begin die katrol draai, nie te vinnig nie en met ’n pouse elke nou en dan soos ek die ander manne sien doen het.

“Daarsy! Hou hom, hou hom!” roep Bjorn langs my. In die vlak water kom iets nader, maar in die skuimwater kan ek nie sien wat dit is nie. Dan trek die water weer terug soos ’n towenaar wat ’n sakdoek oplig en onthul die blink lyf van ’n kabeljou.

“Mooi man, is dit jou eerste kabeljou?” vra Phil terwyl hy my met die vis afneem. “Ja,” sê ek, “en ook my eerste vis!”

Ná die opwinding neem ek eers weer ’n paar foto’s. Die monding is bedrywig wanneer die gety draai. Ek tel minstens 15 seeskilpaa­ie. Elke nou en dan lig ’n pelsrob sy kop uit die water en swaai ’n vis tussen sy kake gewelddadi­g heen en weer. ’n Streep flaminke vlieg oor die branders, stroomop sit ’n swerm pelikane tussen die riete en op die strand skarrel hordes spookkrapp­e heen en weer. Almal is aan’ t jag vir iets kleiners as hulleself, ’n lewende voedselket­ting. Ons is die enigste wesens wat op die kantlyn staan en bloot vir plesier deelneem.

Môre ry ons Puros toe waar die Omenjekamp­eerterrein met netjiese staanplekk­e, koeltebome en ’n warmwaterd­onkie op ons wag. Ons sal koue koeldranke by die Manchester United-kafee koop terwyl musiek oor ’n blikradio’tjie speel. Kort voor lank sal ons selfone begin vibreer met ’n vlaag boodskappe en sal ons die eerste keer hoor van die Covid-19inperkin­g en grensposte wat sluit.

Maar dis in die toekoms en ek is nou hier op een van die mooiste plekke op aarde. Hier waar die suidooster die seevoëls soos vlieërs in die lug laat hang en die waters van die Benguelase­estroom stoei met die Kunene.

Ek dink terug aan daardie eerste oggend by St Nowhere. Daar het dit reeds gevoel asof ons aan die buitewyke van die aardbol kamp, maar hier voel dit só verlate jy kan dit nie met iewers anders vergelyk nie. Wanneer ek my rug op ons bakkies draai, is daar nie ’n mensgemaak­te ding in sig nie en my spore is die enigste afdrukke in die sand. En dis nie lank voor die branders dit weer uitvee asof ek nooit hier was nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bjorn Coetzee
Mosselbaai
Bring ’n ekstra noodwiel, jou eie yskas en batteryste­lsel en ook jou eie aas as jy wil hengel. Sardyne en vars tjokka het goed gewerk, maar volgende keer sou ek witmossel bring om te kyk vir steenbras. Ek sal ook ’n 13- of 14-voetstok bring om in die dieper gate te gooi.
Bjorn Coetzee Mosselbaai Bring ’n ekstra noodwiel, jou eie yskas en batteryste­lsel en ook jou eie aas as jy wil hengel. Sardyne en vars tjokka het goed gewerk, maar volgende keer sou ek witmossel bring om te kyk vir steenbras. Ek sal ook ’n 13- of 14-voetstok bring om in die dieper gate te gooi.
 ??  ?? Pieter de Lange
Mariental
Die duinery was ’n hoogtepunt, dis ongeloofli­k mooi. En ook die visvang. Daardie opwinding van die eerste vis wat byt en jou stok wat plat trek en jy weet nie wat dit is nie omdat dit water is wat jy nie ken nie!
Pieter de Lange Mariental Die duinery was ’n hoogtepunt, dis ongeloofli­k mooi. En ook die visvang. Daardie opwinding van die eerste vis wat byt en jou stok wat plat trek en jy weet nie wat dit is nie omdat dit water is wat jy nie ken nie!
 ??  ?? Dries Reyneke Keetmansho­op
Dis ongeloofli­k hoe baie vis daar nog is; dis wonderlik om te sien. Dit was ’n voorreg om in so ’n ongerepte plek te kon hengel. En jy kan weet as jy ingooi, sal daar iets uitkom!
Dries Reyneke Keetmansho­op Dis ongeloofli­k hoe baie vis daar nog is; dis wonderlik om te sien. Dit was ’n voorreg om in so ’n ongerepte plek te kon hengel. En jy kan weet as jy ingooi, sal daar iets uitkom!
 ??  ?? Daar is geen luukshede of selfs kampgeriew­e noord van Möwebaai nie. Van hier af is jou voorland wild kamp en jy moet álles wat jy nodig het, saamry. Die beloning is dat jy in een van die mees ongerepte plekke op die aardbol tent opslaan.
Daar is geen luukshede of selfs kampgeriew­e noord van Möwebaai nie. Van hier af is jou voorland wild kamp en jy moet álles wat jy nodig het, saamry. Die beloning is dat jy in een van die mees ongerepte plekke op die aardbol tent opslaan.
 ??  ?? John van den Bergh Wildernis
Dis soos die oom op die plaas langsaan wat nooit iemand toelaat om in sy dam vis te vang nie, en skielik nooi hy nét vir jou. Die Skedelkus se natuurskoo­n is onbeskyfli­k, foto’s kan dit nie vasvang nie.
John van den Bergh Wildernis Dis soos die oom op die plaas langsaan wat nooit iemand toelaat om in sy dam vis te vang nie, en skielik nooi hy nét vir jou. Die Skedelkus se natuurskoo­n is onbeskyfli­k, foto’s kan dit nie vasvang nie.
 ??  ?? Phil van Wyk
Gochas
Hierdie toer het iets van alles. Lekker strande, mooi duine en 4x4-ry in die middel van nêrens, afgesny van die wêreld se dinge. En boonop kan jy visvang waar niemand voorheen toegelaat is nie.
Phil van Wyk Gochas Hierdie toer het iets van alles. Lekker strande, mooi duine en 4x4-ry in die middel van nêrens, afgesny van die wêreld se dinge. En boonop kan jy visvang waar niemand voorheen toegelaat is nie.
 ??  ?? Johann Soekoe
George
My verwagting was dat dit ’n onbegonne taak sou wees en dat ons meer sou sukkel. Maar dit was baie lekker.
Johann Soekoe George My verwagting was dat dit ’n onbegonne taak sou wees en dat ons meer sou sukkel. Maar dit was baie lekker.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa