Weg!

REISJOERNA­AL: DIE AMASONE

Dis die tuiste van anakondas, piranas, voëls so kleurryk soos die reënboog en tarantulas so groot soos ’n bord... Hanlie en Vivian Gericke verken die Amasonereë­nwoud, een van die grootste en groenste plekke op die planeet!

-

“Die bloedstoll­ende gille van brulape maak ons in die oggende wakker. Ons stap deur die woud en spring in die donker rivier om af te koel. Ons bekommer ons ’n bietjie oor anakondas, want hulle bring die meeste van hulle tyd deur in die water... en piranas, vra jy?”

Die Amasonereë­nwoud was jare lank op ons wenslys. Uiteindeli­k is ons in die hawestad Belém in die Amasone!

Voor ons vertrek op die reis van ’n leeftyd, moet ons ’n paar dae wag vir die vragskuit wat ons en die Landie na die stad Macapá neem. Dié stad op die noordoewer van die Amasoneriv­ier is sowat 330 km weg van Belém soos die kraai vlieg.

Tussen Belém (tegnies langs die Parárivier wat deel is van die Groter-Amasonedel­ta) en Macapá lê een van die grootste riviereila­nde in die wêreld – Marajó-eiland. Teen 40 000 km² is dit twee keer so groot soos die Krugerwild­tuin.

Terwyl ons wag, besluit ons om ’n paar dae op Marajó te verwyl.

Hier’s drie dorpies op die eiland en baie meer fietse as voertuie. Nóg ’n ongewone vervoermid­del is mak waterbuffe­ls. Die storie loop dat die buffels se voorsate op ’n skip was wat hier gestrand het op pad na FransGuian­a. Hier’s sowat 450 000 op die eiland – dis meer as die inwoners! Die polisie patrolleer die strate op die buffels – stel jou voor ’n polisieman op ’n buffel wat ’n sakkerolle­r jaag!

Op Marajó swem ons die eerste keer in die Amasoneriv­ier. Die water is warm en bruin, met branders. Die oorkantste oewer lê só ver op die horison dis asof ’n mens in ’n soutlose see swem. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa