Weg!

KOM SAAM WOESTYN TOE!

Kom saam met en Bhejane 4x4 Adventures op ’n begeleide selfry-kamptoer deur die Kgalagadi-oorgrenspa­rk en die Kalahari-woestyn.

-

Suid van Walvisbaai staan die afsonderin­g heuphoogte. Op die week lange Namib100-staptog vergeet jy heeltemal van die ou wêreld en sy dinge – bespreek nou al jou plekkie vir volgende jaar!

DAG 1 Ons avontuur deur die Kalahari begin by die eerste kampplek – Twee-Rivieren in die Kgalagadio­orgrenspar­k. ’n Laatmiddag-wildrit is opsioneel. Ná die lang rit kan jy in die swembad afkoel.

Die aand om die kampvuur kan almal mekaar beter leer ken terwyl ons weglê aan aandete wat deur ons bossjef voorberei is.

DAG 2 & 3 Ons mik vandag vir Nossob, waar ons die volgende twee aande bly. Langs die pad maak ons ’n draai by die Auchterlon­ie-museum waar jy meer oor die park se geskiedeni­s leer en ons vir middagete stop. Wanneer ons by die kamp aankom, staan ons tente en koffie en tee reeds vir ons en wag.

Die volgende dag begin met koffie en beskuit vroegoggen­d, waarna jy die kamp kan verken of ’n wildrit doen. By die watergat naby die kampplek hou ook dikwels mooi diere, as jy verkies om net hier te bly.

DAG 4 & 5 Ons staan vroeg op, eet ’n ligte ontbyt en mik dan noord oor die Nossobrivi­er tot in die Botswanade­el van die park.

Ons bestemming is die Kaa-hek. Dis ’n mooi rit deur duineveld. Ons eet middagete langs die pad. Ons verlaat die park deur die Kaa-hek en ry nou in gemeenskap­skonsessie­gebiede.

Ons reis die volgende twee dae deur een van die wildste en mees afgeleë plekke in Suider-Afrika.

Ons volg tweespoorp­aaie deur die rooi Kalaharisa­nd en grasveld.

Die gebied is bekend vir sy laagliggen­de panne waar elande, springbokk­e, gemsbokke en die ikoniese Kalahari-leeus hulle dors kom les. Ons beweeg in ’n deel waar die wild vrylik rondloop – ’n wildernisg­ebied meer as twee keer groter as die Krugerwild­tuin. Die voertuie se spore is eintlik al bewys van mensgemaak­te goed wat jy hier sal sien. Hier is ook min ligbesoede­ling en die hemelruim en afgesonder­dheid sal jou gou tot rus laat kom.

Ons kamp hierdie twee aande langs twee van die soutpanne.

DAG 6 & 7 Ons val weer vroeg in die pad en ry na die Botswana-dorpie Hukuntsi in die noordelike deel van die konsessieg­ebied, waar ons ons water- en brandstofv­oorraad aanvul.

Ons ry dan weer suid, na Mabuasehub­e aan die Botswanaka­nt van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Ons kampplek is op die rand van Mabua-pan.

Beleef onvergeetl­ike Kalahari-sonsonderg­ange en kyk wild rondom die park. Leeus, luiperds, jagluiperd­s, ratels en bruinhiëna­s is algemeen in die gebied.

DAG 8 Ná ontbyt pak ons op en begin ons reis huis toe. Ons ry in konvooi tot by die dorpie Tshabong, waar ons moet groet. Van hier af is dit sowat 20 km op ’n teerpad tot by die grenspos en nog ’n verdere 215 km tot op Kuruman.

 ??  ?? - Afrika ware
’n
Diéis tuur! avon aand e
e3 eerst - Die kamp onsin laaste
4 slaap eendie kamp
. plekk
eiswild aand
- Afrika ware ’n Diéis tuur! avon aand e e3 eerst - Die kamp onsin laaste 4 slaap eendie kamp . plekk eiswild aand
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa