Weg!

WAS JY AL BY CHRISSIESM­EER?

Rondom Chrissiesm­eer in Mpumalanga lê meer as 300 panne binne ’n radius van 20 km. Dis een van ons land se belangriks­te vleilande, maar ook ’n puik bestemming vir ’n naweek saam met mense- én hondevrien­de!

- DEUR MIA LOUW

Mia Louw verken hierdie mooie vleilandge­bied se plaasverbl­yf, huurhuisie­s en kampplekke.

Dis verstaanba­ar hoekom die Skot Alexander McCorkinda­le besluit het om by Chrissiesm­eer wortel te skiet: Die mere en somertyd se golwende groenighei­d het hom seker aan sy eie land herinner. McCorkinda­le het in 1866 die regering oortuig om 200 plase aan hom te verkoop. Hy wou ’n nuwe nedersettt­ing stig wat die toegangsro­ete na Mosambiek kon dien. Hy’t sy sin gekry, en as ’n woordjie van dank teenoor pres. M.W. Pretorius se goedhartig­heid Suid-Afrika se grootste varswaterm­eer – toe nog bekend as Groot-Zeekoepan – na die president se dogter herdoop: Miss Chrissie’s Lake.

Deesdae is hierdie vleilandge­bied ’n gunsteling-bestemming onder voëlkykers, maar selfs vir mense wat nie voëlkoors het nie, sal Matotoland (die Siswati-naam vir “plek van die paddas”) ’n bekoring inhou. Somertyd staan die veld vol in die blom en kan jy selfs Chrissiesm­eer se paddas op ’n begeleide toer beter leer ken.

Hier’s vyf blyplekke naby die water:

1 THE BOAT HOUSE

In hierdie weggesteek­te baaitjie aan die westekant van die meer is die hele strand joune. Die houthuis is op stelte gebou en het twee wilgerbome vir geselskap en ’n uitsig oor die meer soos min. En ja, hier is ’n boot!

Chrissiesm­eer is sowat 9 km lank en 3 km breed, verneem ek by die plaaseiena­ar, Esbie Bezuidenho­ut. Haar familie het hulle grond aan die meer in 1990 gekoop en in 2012 permanent Chrissies toe getrek. “Sowat twee, drie jaar gelede het ons vir Lentedagvi­ering reg rondom die meer gestap,” vertel sy. “Die watervlak was tóé nie baie hoog nie, maar dit het ons steeds omtrent ses uur geneem.”

Naby die huis is ’n paar grotte, en ’n geskiedkun­dige Bokoni-klipkraal. Dié bevolking was boere en handelaars wat vanaf die 1500’s tot in die 1800’s op etlike plekke, in wat ons nou as Mpumalanga ken, groot klipneders­ettings met fassineren­de infrastruk­tuur vir daardie dae gebou het.

Wildsbokke soos duikertjie­s en blesbokke is volop – hou ’n ogie oor jou honde as hulle daarvan hou om als wat beweeg te jaag. Bedags sit dassies op die rotse en dut en saans heers ’n besonderse naglewe aan die meer: muskeljaat­katte, tierboskat­te, vaalboskat­te en selfs die klein gekolde kat (die kleinste wildekatsp­esie in Afrika) kom dan uit hulle gate.

Maar The Boat House se grootste trekpleist­er bly die voëllewe wat jy sommer van die huis af kan dophou. “Hier hou ’n bielie van ’n reusereier,” sê Esbie, “en die visarende broei ook naby die huis.”

Sy vertel hoe ’n gompou haar een oggend groot laat skrik het: “Hy’s mos dieselfde kleur as die droë gras. Dié massiewe voël met sy lang bene kan hier rég langs jou staan en jy sal dit nie agterkom nie!”

Die Boat House het sonkrag, ’n gasstoof en ’n gasgeiser vir warm water. Die huis het twee houtdekke: Die kleiner een aan die noordekant van die huis is warmer en word ’n bietjie meer beskut deur ’n rotskoppie. Die fontein wat tussen die koppie se rotse uitborrel, is veral in die somer mooi wanneer mos die klippe toegroei. Die dek aan die voorkant van die huis is die een met ’n uitsig meer se kant toe.

Wat nog? Hier’s ’n braaiplek. Gaste kan die roeiboot en kajak gebruik en geen hengelbote of motorbote word toegelaat nie.

Koste R800 p.n. (slaapplek vir 4)

Waar? Sowat 7 km buite die dorp. Volg die N17 in Ermelo se rigting, maar draai 3 km buite Chrissiesm­eer af op die grondpad na die Genesaret-kampterrei­n.

081 040 7787

2 TEEN DIE MEER

Hierdie is nóg ’n gawe opsie aan die wesoewer en veral gesog onder hengelaars en fietsryers. Die verblyf is bekostigba­ar en sonder fieterjasi­es en jy’t ’n keuse tussen houthutte, safaritent­e of ’n kampterrei­n in die koelte.

Die groeptente is geskik vir ’n klomp vriende wat saam kom naweek hou. Hier staan vier safaritent­e (elk met slaapplek vir drie mense) wat ’n kombuis, kroegie, badkamer en parkie deel. ’n Vyfde, groter safaritent staan effens eenkant tussen ’n paar silwerwatt­elbome en het ’n yskas, koffiestas­ietjie, breekware en boma.

Bespreek ’n houtchalet as jy op jou eie wil wees:

Die Tent Chalet (slaapplek vir ses) staan in ’n oopte tussen die bome met sy eie boma. Soortgelyk aan die tente is die Wood Chalet (slaapplek vir sewe) meer geskik vir ’n gesinsvaka­nsie. Die badkamer het ’n ingang van die dek af vir die jongspan wat rondom die chalet wil kamp.

Wegsteek Chalet se twee en suite-kamers het elk slaapplek vir drie mense, en daar’s twee matrasse in die sitkamer vir kinders. Die naam sê presies wat dit is – die meeste mense wat hierlangs kom, besef nie eens daar is nóg ’n blyplek dieper in die ruigtes nie.

Die plaas is 1 000 ha groot en fietsryers sal bly wees om te hoor dat die 27 km lange enkelspoor­baan só uitgelê is dat jy nêrens jou eie spoor weer kruis nie, maar net vorentoe trap. Wees op die uitkyk vir blesbokke, erdvarke, erdwolwe, klein gekolde katte en ’n magdom hase.

Alida du Toit, die eienaar, sê waadvoëls wat vlak water verkies – soos flaminke en lepelaars – vertoef graag hier wanneer die watervlak na hulle sin is. “Die meer was van 1985 tot 1992 so te sê leeg, maar die bietjie water wat wel ná reën bly staan het, het toe byna 25 000 flaminke gelok!”

Wat nog? Basiese kruidenier­sware, hout, ys, koeldranke, peuselkos en hengelgere­i is te koop. Jy moet jou eie fiets bring, maar kano’s is te huur (R50 per dag). Klein en middelslag­honde word toegelaat en volgens Alida het mense al selfs met hulle katte kom kamp!

Koste Kamp: R60 p.p. (maksimum 6 per staanplek), plus R50 vir krag en R60 vir ’n woonwa. Chalets: R550 p.n. vir 4, plus R50 per bykomende gas. Safaritent: R400 p.n. vir 2 mense en R450 vir 3 tot 4 mense. Dagbesoeke­rs: R30 p.p. Waar? Langs dieselfde pad as The Boat House, net

2 km verder.

082 629 4320;

teendiemee­r.com

3 TOLDERIA RESORT

Tolderia lê Lothair se kant toe en is ’n agtermekaa­r plek met damme, panne en tuine waar geen grashalmpi­e uit plek is nie. Dis ’n gewilde bestemming vir groot geleenthed­e soos familiesaa­mtrekke en -feeste. Die Mieliepop-musiekfees word gewoonlik elke jaar in Maart hier gehou.

Die eienaar, André van Rooyen, is ’n ingenieur. Sy handewerk is duidelik te sien in die oord se netjiese ontwerp: talle sierlike watervalle en houtbruggi­es verbind die verskeie dele met mekaar. Selfs die Dam House spreek van ontwerpers­vernuf: dié afgesonder­de tweeslaapk­amereenhei­d is op só ’n manier gebou dat ’n mens die groot rots waarteen dit staan, in die sitkamer kan sien. En teen dié rots groei selfs ’n binneshuis­e tuin – twee verdieping­s hoog! Die Dam House het ’n verhitte swembad en ’n “grot” waar ’n klomp vrinne tot ounag buite kan kosmaak en fuif. Die grot het ablusieger­iewe vir diegene wat rondom die Dam House in die tuin wil tent opslaan (maksimum 12 gaste).

Verder het Tolderia vier luukse chalets met van ’n verhitte plonspoel tot ’n tuimeldroë­r en ’n skottelgoe­dwasser. Die plan is om nog chalets aan te bou en ’n klein kampterrei­n in ’n staning moeraseike is ook in die pyplyn.

Alle troeteldie­re is welkom by Tolderia (iemand het al met sy skilpad kom vakansie hou), jy kan vir baars hengel en hier loop ook wild soos duiker, springbok, sebra, eland en volstruis. (Doen navraag oor wildritte.) As jy gelukkig is, sien jy dalk ’n paar otters.

Wat nog? Talle fietsry- en voetslaanp­aadjies kronkel deur die plantasies. Jy mag jou boot, ski’s en viertrekmo­torfiets saambring en die oord het kano’s. Jy kan ook ’n enjinaange­drewe vlot huur (R700 per dag, brandstof ingesluit) vir ’n jolige dag op die water.

Koste Dam House: vanaf R1 400 p.n. oor naweke

(4-6 mense). Chalets: vanaf R2 400 p.n. oor naweke

(6-8 mense).

Waar? Sowat 32 km suidoos van Chrissiesm­eer. Volg die paaie na Lothair.

082 925 72 51; tolderiare­sort.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Drink jou eerste koppie koffie van die dag op die stoep van The Boat House terwyl jy oor Chrissiesm­eer uitkyk.
Drink jou eerste koppie koffie van die dag op die stoep van The Boat House terwyl jy oor Chrissiesm­eer uitkyk.
 ??  ?? Rex woon al jare op Teen Die Meer. Hier geniet hy die wintersonn­etjie.
Rex woon al jare op Teen Die Meer. Hier geniet hy die wintersonn­etjie.
 ??  ?? Teen Die Meer se groot safaritent is privaat en het ’n private boma.
Teen Die Meer se groot safaritent is privaat en het ’n private boma.
 ??  ?? Van bo. Dié grot is ’n ideale plek vir familiekui­ers by Tolderia’s Resort.
Van bo. Dié grot is ’n ideale plek vir familiekui­ers by Tolderia’s Resort.
 ??  ?? Tolderia’s Resort se brakke geniet ’n luukse agtermidda­gvaart.
Tolderia’s Resort se brakke geniet ’n luukse agtermidda­gvaart.
 ??  ?? Die hoofvenue by Tolderia huisves gereeld gesellighe­de en musiekfees­te, soos die Mieliepop-musiekfees.
Die hoofvenue by Tolderia huisves gereeld gesellighe­de en musiekfees­te, soos die Mieliepop-musiekfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa