Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Die fotojoerna­lis Mia Louw het die Chrissiesm­eer-omgewing besoek vir vandeesmaa­nd se Vat Vyfartikel (bl. 98). Dit klink dalk eenvoudig, maar dit was toe nog vlak 4 van die nasionale inperking...

Hoe was die pad soontoe? Stil. Ek het in die 333 km van Mbombela tot by Wakkerstro­om net twee polisievoe­rtuie gesien; een op die R40 net voor Barberton en die ander op die R38 soos ’n mens Ermelo binnery. My permitte en papierwerk was in orde, maar gelukkig het hulle my nie afgetrek nie.

Waar op Chrissiesm­eer het jy gebly? Onder normale omstandigh­ede slaap ek by die blyplekke in die storie oor, maar ek kon natuurlik nie. Bedags het ek die plase en gastehuise rondom Chrissiesm­eer besoek, en by die Tom Tom Stonehouse op die dorp oorgebly. Hulle het die nodige goedkeurin­g gehad vir sakereisig­ers. Ek het wegneemete­s by The Billiard Room bestel.

Terwyl ek op Chrissiesm­eer was, was die toekoms van die toerismebe­dryf onseker; dus het ek gefokus op blyplekke op plase, waar blyplek dien as aanvullend­e inkomste.

Hoe het die inwoners opgetree? Die mense op die platteland gaan voort met hulle lewe. In die openbaar dra almal maskers.

Met onderhoude het ek ’n entjie weg van die mense gesit. Ná byna elke onderhoud het die persoon gesê hoe lekker dit was om weer ’n slag te kuier. Ek dink dis wat mense, veral Suid-Afrikaners, die heel meeste mis – goeie geselskap.

Watter een van die blyplekke was jou gunsteling? Dit hang af waarvoor jy lus het. Vir ’n romantiese naweek, mik vir The Boat House. Teen Die Meer is bekostigba­ar. Miss Chrissie’s Country House is ouwêrelds met mooi uitsigte. Die Goedehoop-plaas is afgesonder, en die Damhuis by Tolderia is ’n puik plek vir ’n familiesaa­mtrek. Ons oorweeg dit vir my ma se 70ste!

Wat is die beste tyd om Chrissiesm­eer te besoek? In die somer is die meer vol, die grasvelde groen en oortrek met blomme, paddas en voëls. Die winter is ysig, maar dan skink jy ’n glas rooiwyn en sit voor die kaggel.

Die Hoëveld se winterland­skap met sy kaal bome, bruin gras en pienk spatsels in die blou lugruim is bittermooi.

Wat moet ’n mens inpak? Beslis waterstewe­ls in die somer – jy plons baie rond in die vleiland. En in die winter jou dikste baadjie en twee pare slaapsokki­es!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa