Weg!

Faansie Peacock ( ja, dit is sy regte naam!) is ’n passievoll­e voëlkyker, illustreer­der, skrywer en gereelde bydraer in hierdie tydskrif. Faansie se Voëlboek is ’n publikasie enig in sy soort en ’n wonderlike hulpbron vol pret en speletjies (en 722 spesie

-

Jy het al begin voëls kyk vandat jy vyf jaar oud is. Waar het jou belangstel­ling begin?

Dis die vraag wat die meeste mense vra en het die swakste antwoord. Aangesien ek so jonk was, kan ek nie soos baie ander mense ’n spesifieke oomblik uitwys nie.

My ouers is bosmense en ons het baie tyd in die buitelug deurgebrin­g. My vroegste herinnerin­ge is van spesifieke voëls – soos ’n nagreier in ’n stroompie in ’n kollig. Waar en wanneer dit was kan ek nie sê nie, maar daai beeld is ná 32 jaar steeds in my geheue. Wat is een van jou beste herinnerin­ge van voëlskyk uit jou kinderjare?

Ek het toevallig hierdie week ’n klomp ou notaboekie­s in ’n kas ontdek. Dis meestal net lyste voëlname in gr. 2-handskrif, maar as ek daai lysies lees, word ek oorval deur ’n golf van goeie herinnerin­ge. Nie noodwendig die spesies nie, maar die emosies en sensasies wat ek destyds ervaar het. Die opwindends­te is sonsopkoms die eerste oggend by ’n nuwe voëlkykple­k waarheen ek my ouers gesleep het, soos Mkuze, Nylsvley en Wakkerstro­om.

Een Desember op pad Kaap toe het ons by die Karoo- nasionale park oorgeslaap. Terwyl die grootmense inteken, het ek ’n namakwadui­fie in die parkeerter­rein gesien. Sedertdien het ek seker tienduisen­d van hulle gesien, maar daai eerste een onthou ek soos gister! Wat het jou laat besluit om ’n gids te skryf wat spesifiek op kinders gemik is?

’n Positiewe swangerska­ptoets! Ek het my verwonder aan hoe ontvanklik kinders is vir die natuur, hoe skerp hulle sintuie is, en hoe hulle alles met vars ogies inneem.

En daar is reeds genoeg boeke vir volwassene­s. Dis belangrike­r om kinders geïnteress­eerd te kry as ons hoop op ’n groener toekoms. Hoe verskil ’n gids vir kinders van ’n gids vir volwassene­s?

Dis maklik: die doel van die boek is net een ding: Pret! Geen ingewikkel­dheid en uitsonderi­ngs en hogere woorde. Dit beteken nie die boek is nie omvattend nie. Dit dek 722 spesies – elke liewe voël in SA. Ons moenie kinders onderskat nie.

Ek gee nie om wat die grootmense in resensies sê nie. Dis daardie klein, handgeskre­we briefies vol spelfoute wat die werk die moeite werd maak. Vertel meer oor die verskillen­de groepering­s van voëls wat jy in die boek gebruik.

As gevolg van genetiese analise is die tradisione­le volgorde van voëls oorboord gegooi. Streng gesproke moet valke byvoorbeel­d saam met papegaaie in die boek wees, en nie meer by ander roofvoëls nie. Eerder as om hierdie nimmereind­igende skommeling­e te probeer baasraak het ek die voëls in logiese groepe verdeel: swemmers swem, hardlopers hol en sitters sit op ’n tak. Dis ’n goeie wegspringp­unt vir identifika­sie. Jy beskryf die boek as ’n nuwe manier van na voëls kyk?

Of jou identifika­sie reg of verkeerd is, die belangrike ding is dat jy die proses geniet. Op élke bladsy is daar een of ander vinnige feit of grappie of speletjie wat jou ietsie sal leer van hierdie ongeloofli­ke groep geveerde miniatuur-dinosourus­se. Wat is die beste raad vir ouers wat saam met hulle kinders wil voëlskyk?

Dit gaan oor saamwees. Bring gehaltetyd met jou kinders deur en ontdek dinge saam, teen húlle tempo. Laat hulle ’n spesie in die boek kies wat hulle graag wil soek. Doen ’n bietjie navorsing en maak daai voël die mission vir ’n spesiale ekspedisie. Selfs al mis julle hom, sal die goeie herinnerin­ge ’n leeftyd duur.

Deel ’n paar prettige voëlskykwe­nke.

Ore is belangrike­r as oë. Hoe verder ’n mens in dié stokperdji­e vorder, hoe meer besef jy dat dit eintlik

birdlisten­ing in plaas van birdwatchi­ng moet heet. Leer elke aand ná ete ’n geluid op jou slimfoon; gou sal jy ’n hele simfonie rondom jou kan hoor. En moenie te haastig wees nie – dis meer pret om die antwoord self uit te pluis as om ’n kenner op Facebook te vra. En onthou dat vorm en grootte belangrike­r as kleur kan wees. Jy het self die boek se sketse gedoen. Hoe het jy dit aangepas vir jou teikenmark?

Aanvanklik was die idee om animasie-illustrasi­es te skep waar elke voël ’n reuse-kop en ’n glimlag het. Mettertyd het ek ’n bietjie meer ernstig geraak met die proporsies en moes ek ’n klomp van die eerste sketse weer doen.

My gunsteling-komponent is die klein illustrasi­es in die kantlyn wat die voëls wys soos jy hulle in die veld sal gewaar, besig met ’n dagtakie.

Wat geniet jy die meeste van voëlskyk?

Die verkenning. Voëlskyk neem jou na plekke waar “normale” mense nooit sou uithang nie. Rioolaanle­gte, vissersbot­e, bergspitse, afgeleë tweespoorp­aadjies in die woestyn, kniediep in moerasse...

Wat is jou gunsteling-voëlspesie en hoekom? Wat is jou gunsteling-kleur Smartie en hoekom? As ek móét kies, sou ek sê die Europese rietsanger, hy is klein en fyn en bruin. Dié outjie boots die stemme na van soveel as 100 spesies wat hy hoor in Afrika, Europa en al langs sy migrasiero­ete. Is dit moontlik om in Suid-Afrika as ’n voëlkenner te werk?

Net-net. Ek dra die hoed van ’n skrywer, kunstenaar, uitgewer, wetenskapl­ike, spreker, gids en nog ander waarvan ek nou vergeet. Maar as dit jou passie is, sal jy ’n weg vind.

Met watter ander projekte is jy besig?

Ek verf dag en nag illustrasi­es vir my splinternu­we app. Ek is nie seker hoeveel ek nou al mag deel nie... maar ek dink dit gaan volgende jaar ’n nuwe era vir voëlkykers begin! Net soos die voëlboek vir kinders is die fokus op die leerproses eerder as net ’n onmiddelli­ke antwoord, deur interaktie­we elemente en uitdagings.

Faansie se Voëlboek word uitgegee deur Pavo Publishing en is beskikbaar in boekwinkel­s of by

orders@faansiepea­cock.com en 084 514 8082. Dis ook in Engels beskikbaar as Faansie’s Bird Book. Gaan na faansiepea­cock.com vir meer inligting.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa