Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

EK WIL OOK GAAN

Kan ek op my eie gaan? Op jou eie kan jy netto t by Terracebaa­i in die Skedel kusnasiona­le park reis.

Om die Kunene riviermond­ing te haal moet jy saam met ’n toeroperat­eur met ’n konsessiep­ermit reis.

Saam met wie het julle getoer? Bhejane 4x4 Adventures in samewerkin­g met Skeleton Coast Adventure Tours/OIG.

Bhejane bied drie verskillen­de Skedelkust­oere aan: ’n Sewedagtoe­r wat drie nagte by die Kunene riviermond­ing insluit, ’n negedagtoe­r van Swakopmund tot by Puros en ’n twaalfdagt­oer saam met ekstra dae in die Kaokoveld.

Koste Bhejane se Skedelkust­oere begin by R14 250 p.p. Die toer waarop Evan was, kos R17 500 p.p.

Wat is ingesluit? Bhejane voorsien drie etes per dag, eetgerei en tente vir elke voertuig én slaan kamp op en af.

Alle tariewe (park-, gids- en konsessies ), tweerigtin­gradio’ s ,’ n gemeenskap­like kampkombui­s en ’n kampstort en toilet is ingesluit.

Wat pak ek in? Beddegoed (matras of kampbed), peuselkos, drankies, ’n verkyker, ’n kamera, hengelgere­edskap en aas. Bring ’n kampyskas met ’n goeie voorraad ys as jy een het.

En as ek wil hengel? Kry ’n permit

(R14 p.p.) by die kantoor van die Namibiese departemen­t vir seevissery­e en mariene hulpbronne op Swakopmund (Strandstra­at) of Hentiesbaa­i

(Hanganeni Fishing Centre). Onthou jou identiteit­sdokument en paspoort. Skeleton Coast Adventure Tours/OIG het spesiale vergunning vir toergoepe om by die Kunenemond­ing te hengel. Streng maatreëls ten opsigte van visvang-sones en ’n vang-en-vrylaatbel­eid geld. Waarmee moet ek ry? ’n Volwaardig­e 4x4 met goeie grondvryho­ogte, laestrek en minstens ’n agterste ewenaarslo­t.

Kontak 044 535 9033; bhejane.com

EK WIL SELF RY

Dis sowat 355 km van Swakopmund af tot by Terracebaa­i. Die Skedelkus- nasionale park strek van die Ugabrivier tot by die Kunenerivi­er. Jy kan sowat 160 km ver in die park ry. Parktariew­e R60 p.p. en R10 per voertuig. Die park is elke dag oop van 7.30 vm. tot 7 nm. (sluit 3 nm. vir toegang).

BLY HIER

St Nowhere Spa and Campsite. Kamp vanaf R300 p.n. vir 2 mense. As jy voor teen die see wil kamp met jou eie ablusie, kos dit vanaf R400 p.n. vir 2 mense. Selfsorgbu­ngalows kos vanaf R700 p.n. vir 4 mense, R175 per ekstra persoon (slaapplek vir

5 tot 9 mense). ‘n Groot groep, tot 13 mense, kan die groot huis bespreek vir vanaf R1 400 p.n. (vir 8 mense, R175 per ekstra persoon). Hier is ’n kiosk wat basiese voorraad verkoop en in die somerseiso­en maak ’n restaurant­jie oop. Pryse sluit nie die 2%-toerismehe­ffing of beddegoed

(R40 p.p.) in nie.

00 264 81 124 0879; bookings@stnowhere.com

Terracebaa­i-oord. Hierdie is NWR se blyplek. Hier is twee selfsorghu­ise met slaapplek vir 8 en 10 mense elk: vanaf R737 p.p. Hier is 20 dubbelkame­rs: vanaf R1 012 p.p., met ontbyt en aandete.

’n Kiosk verkoop basiese voorraad en die kroeg het koue bier en Wi-Fi.

00 264 64 694 007; nwr.com.na

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bosluisbaa­i se naam kom glo van die lastige bosluise wat in die bosse tussen die duine skuil. Die waters is bekend as ’n goeie visvangple­k, maar die feit dat dit slegs 10 km suid van die Kunenerivi­ermonding is, beteken dit hier is min visstokke.
Bosluisbaa­i se naam kom glo van die lastige bosluise wat in die bosse tussen die duine skuil. Die waters is bekend as ’n goeie visvangple­k, maar die feit dat dit slegs 10 km suid van die Kunenerivi­ermonding is, beteken dit hier is min visstokke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa