Weg!

CHRISMARI VAN DER WESTHUIZEN

-

IG: @xmaryv Sony A77V

Sony 50 mm-lens

CHRISMARI SKRYF: Ons boer in die Boesmanlan­d, in die Loeriesfon­teinomgewi­ng. Skeertyd is een van my gunsteling­tye op die plaas, veral as die skeerders met die hand skeer.

Skeertyd bring rustigheid in ’n mens se gemoed. Daar is iets omtrent die reuk van die wol, die flitsende skêre in bekwame hande, die geselsies van die skeerders, die geluid van skêre wat geslyp word...

Die beligting in die skeerstoor is dikwels uitdagend met natuurlike lig wat uit verskillen­de rigtings kom.

Ek neem gewoonlik die foto eerder te donker as te lig, anders raak van die detail verlore. Daar is ’n fyn balans tussen ’n sluiterspo­ed wat vinnig genoeg is om die aksie vas te vang, maar steeds genoeg lig inlaat sodat die foto se skaduwees nie te “greinerig” raak nie.

TOAST SÊ: Ek het self op ’n skaapplaas grootgewor­d en dié sielvolle foto voer my dadelik terug na die reuke, klanke en teksture wat Chrismari beskryf. Dis goed om hierdie soort toneel vas te vang.

Handskeers­panne raak skaars – die meeste skeerders gebruik deesdae elektriese skeerders. As jy weer sien, is dit weg. Die platteland verander gedurig, en dis hartseer wanneer hierdie ouer manier van dinge doen verdwyn.

Chrismari se sluiterspo­ed was 1/80ste van ’n sekonde en haar lensopenin­g f2.5.

Die lens wat sy gebruik het, se lensopenin­g kon selfs f1.8 gewees het. Dis wat ’n mens ’n “vinnige” lens noem, want die groot lensopenin­g beteken jy kan in redelik donker toestande steeds ’n relatief vinnige sluiterspo­ed gebruik.

Fokus raak baie sensitief wanneer jou fokusdiept­e so vlak word (met ’n f1.8-lens), maar Chrismari s’n is perfek – op die skeerder eerder as op die skaap.

Geluk, jy wen die Weg- kamerasak hierdie maand! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa