Weg!

JANINE GLENNIE

IG: @stockdale_living Canon EOS 450D Canon EF 70-300 mm-lens

-

JANINE SKRYF: Die plaas waar ek woon, Stockdale, lê in die Swaershoek­vallei tussen Somerset-Oos, Cradock en Pearston, in die OosKaap. Dis al vyf geslagte lank in die familie, en my man, David, en sy pa, Richard Glennie, boer tans op die grond.

Dié foto is geneem in die Coetzeesbe­rg, waar die kranse wegval en jy die dorpie Pearston in die verte kan sien, onder op die Karoovlakt­es. Ons noem hierdie plek “The Edge of the World”.

TOAST SÊ: Ek hou baie van die skuins lyn wat die steil helling maak na regs, met die skape wat styf teen mekaar staan – dit lyk soos ’n woltapyt! Janine en haar familie is dalk gewoond aan hierdie toneel, maar dis ongewoon.

Elke Weg- leser weet hoe lyk die Brandwag by Golden Gate, of Kaapstad se Leeukop, of Namibië se Dooievlei. Ons vasteland het geen tekort aan ikoniese landskappe nie – maar terselfder­tyd is dié dan landskappe wat duisende mense elke jaar afneem.

Veral landskapfo­tograwe hou daarvan om unieke plekke af te neem en sal die ligging van sulke plekke geheim hou. Ek weet van ’n fotograaf wat gereeld ’n perfekte kameeldori­ng-op-’n-rooiduin afneem iewers in die Kalahari, maar die plek nooit sal verklap nie.

Plase is nie nasionale parke of openbare plekke nie, en daarom kom daar minder mense – en fotograwe – en is jou kans beter om unieke landskappe teë te kom.

Die goeie nuus? Stockdale is ook ’n gasteplaas – gaan kuier en vra vir Janine om jou na The Edge of the World te neem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa