Weg!

ZANMARI CROUS

-

IG: @affieplaas­fotografie Canon EOS 2000D

Canon EF-S 18-55 mm-lens

ZANMARI VERTEL: Ek en my man boer met merino’s, bonsmaras en sonneblomm­e en mielies tussen Edenville en Steynsrus in die Vrystaat.

Ek het een aand huis toe gery en sien toe dié ramme langs die pad met die mooie volmaan daaragter. Die skape was almal baie nuuskierig toe ek uitklim om hulle af te neem.

Fotografie is vir my ’n heerlike stokperdji­e, want dit laat my anders kyk na dinge op die plaas. Ek sien die mooi raak in elke oomblik en wil dit vasvang om met ander te deel – deur Instagram en Facebook (soek “AffiePlaas Fotografie”).

Ek geniet dit om die nuuskierig­e lammers en verse af te neem – jy moet net geduldig wees!

Planttyd en strooptyd is

’n besige tyd op die plaas, en met die fotografie kan ek die kleiner detail van die proses vasvang. Om die sonsonderg­ange ná ’n besige dag te kan afneem maak al die harde werk die moeite werd.

TOAST SÊ: Wraggies ’n paar nuuskierig­e skapies! Zanmari se ISO was op 400 gestel, wat ’n sluiterspo­ed van 1/60ste van ’n sekonde moontlik gemaak het met ’n lensopenin­g van f5.

Met f5 gaan jou fokusdiept­e nie baie wyd wees nie (die agtergrond is uit fokus), maar dit maak nie hier saak nie – solank die voorste linie skape in fokus is, soos Zanmari gedoen het.

’n Platform soos Instagram maak dit deesdae moontlik vir ons almal om fotograwe van reg oor die wêreld se foto’s te sien – op jou slimfoon, wat byderhand is. Nie almal op Instagram is beroepsfot­ograwe nie, maar ’n boer (en ’n veldwagter of dalk ’n skeepskapt­ein – selfs die ruimtevaar­ders op die Internasio­nale Ruimtestas­ie is op Instagram!) kan mooi foto’s neem.

Op dié manier sien jy die visuele dagboek van ander mense wat jy dalk nooit sal ontmoet nie, maar wie se visuele wêreld jy interessan­t vind.

Dankie, Zanmari, ek sien uit na nóg foto’s uit jou Vrystaat-dagboek!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa