Weg!

Suurroomde­eg

-

Maak 24 halfmaanpa­steitjies Bereidings­tyd 40 minute plus 30 minute rustyd

Jy benodig

• 3 koppies koekmeel •’n knippie sout

• 250 g koue botter

• 1 koppie suurroom

• 1 eier, geklits

• sap van 1 suurlemoen

Só maak jy

1 Meng die meel en sout in ’n groot mengbak. Rasper die botter met die growwe kant van die rasper by die meel in en vryf dit dan met jou vingerpunt­e totdat die mengsel soos growwe broodkrumm­els lyk.

2 Klits die suurroom, eier en suurlemoen­sap saam en meng dit by die bottermeng­sel in totdat die deeg bymekaarko­m.

3 Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en knie dit vinnig tot net-net glad. Vorm die deegbol in ’n plat skyf van 2 cm dik (dit maak later se uitrolwerk makliker), bedek dit met kleefplast­iek en laat dit vir 30 minute in die yskas rus.

4 Voorverhit die oond tot 180 ºC.

Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit tot ’n dikte van

3-5 mm. Gebruik ’n ronde koekiedruk­ker met ’n deursnee van sowat 12 cm om sirkels uit die deeg te sny. (Of gebruik ’n groot glas of piering en ’n skerppuntm­essie om die sirkels te trek en uit te sny.)

5 Verf die deegsirkel­s met geklitste eier en skep ’n lepel vol fyn wildsvleis bo-op elkeen. Vou elke sirkel in ’n halfmaan toe en druk die rand eers met jou vingerpunt­e en dan met die tande van ’n vurk deeglik vas om seker te maak die pasteitjie is geseël. Pak die pasteitjie­s op ’n gesmeerde bakplaat, verf die bokante met eier en bak dit vir 25-30 minute tot goudbruin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa