Weg!

Springbokb­oudpotjie

-

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 6½ uur

Jy benodig

• 2 kg springbokb­ene

• 2 uie, in wiggies gesny

• 2 wortels, grofgekap

• 2 selderysti­ngels, grofgekap

• 1 knoffelbol, middeldeur gesny • 3 lourierbla­re

• 70 g tamatiepas­ta

• ½ koppie olie

• 1 springbokb­oud van 2 kg,

in blokke gesny

• 1 teelepel elk fyn koljander,

fyn komyn en gerookte paprika • 2 steranyse

• 5 naeltjies

• 1 blik (410 g) gekapte tamaties • 1 koppie blatjang

Só maak jy

1 Pak die vleisbene, ui, wortel, seldery, knoffel en lourierbla­re in ’n diep oondbak en verf dit oraloor met tamatiepas­ta. Rooster die mengsel vir 30 minute onder ’n warm roosterele­ment – roer dit elke nou en dan deur totdat die bene oraloor gekaramell­iseer is.

(Jy kan dié stap ook in ’n swartpot oor die kole doen).

2 Verhit die olie in ’n diep swartpot en seël die stukke boudvleis in sarsies tot dit oraloor mooi goudbruin en gekaramell­iseer is. Skep al die vleis terug in die pot en voeg die speserye, tamatie en blatjang by, gevolg deur ’n tamatiebli­k vol water. Skep die geroosterd­e bene en groentemen­gsel by, meng alles deur en laat dit vir ses uur stadig prut tot sag. (As jy nie ’n potjie oor die kole wil maak nie, kan jy die gereg vir dieselfde tyd teen 160 ºC in die oond bak.) Loer halfpad deur of die pot nie te droog raak nie en vul die vloeistof aan soos nodig – gebruik water óf enige aftreksel.

3 Ná 6 uur behoort die vleis rafelsag en die sous glansend te wees. Geur dit na smaak met sout en swartpeper en sit voor saam met rys en ietsie soets soos piekelkoej­awels (resep hiernaas) of droëvrugte wat in rooibostee gestowe is.

WENK Jy kan die vleis die aand voordat jy die potjie maak in karringmel­k laat lê, wat help om ’n oormatige wilde smaak te tem. Die oorskietvl­eis kan ontbeen en gevlok word. Sien die suurroomde­egresep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa