Weg!

Gerolde blouwildeb­eesfilet

-

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 15 minute plus marineerty­d oornag Gaarmaakty­d 15 minute

Jy benodig

• 1 blouwildeb­eesfilet van

ongeveer 1,8 kg

• 2 koppies karringmel­k

• 3 eetlepels uiemarmela­de • 200 g spekrepies, brosgebraa­i • 2 wiele fetakaas, gekrummel • 1 koppie babaspinas­ieblare,

geblansjee­r

• 2 eetlepels olyfolie

• sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Sit die filet in ’n groot glasbak met ’n deksel, giet die karringmel­k oor tot die vleis bedek is, en laat die vleis oornag in die yskas marineer.

2 Haal die vleis ’n paar uur vóór jy vuurmaak uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur kan bereik. Haal dit uit die karringmel­k en klad die meeste van die marinade weg. Vlek dan die filet in die lengte oop om ’n groot reghoek te kry wat sowat 2 cm dik is.

3 Smeer die hele oppervlak met die uiemarmela­de en rangskik die bros spekrepe bo-op, gevolg deur ’n eweredige laag feta en laastens ’n laag spinasiebl­are. Rol nou die vleis styf op in ’n lang rol en bind dit stewig met ’n paar stukkies kombuistou toe. Geur dit oraloor met sout en peper.

4 Braai die vleis sowat 15 cm bo warm kole. (Ek sny gewoonlik die opgerolde filet middeldeur om dit vir hierdie stap meer hanteerbaa­r te maak.) Moenie die rol vir langer as 15 minute braai nie, maar moet ook nie die vleis te haastig omdraai nie – jy wil seker maak dit kry alkant ’n mooi goudbruin korsie. Laat die vleis rus, maar hou solank die vuur aan die gang. Toets ’n stukkie en kyk of dit gaar is na jou smaak. Onthou, wildsfilet moet liefs nie gaarder wees as mediumgaar nie.

Vir die sappigste resultaat wil jy die binnekant nog pienk hê.

5 Sny die vleis in dik skywe en sit dit voor saam met jou gunsteling­bykos soos pampoenter­t.

WENK Jy kan ook die filet in ’n warm gietysterp­an oor die kole seël en dit deurentyd met ’n mengsel van olyfolie en botter bedruip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa