Weg!

Herderspas­tei

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Jy benodig

• 1 eetlepel elk botter en olyfolie • 200 g gerookte spekblokki­es • 350 g knopiesamp­ioene,

fyngekap

• 800 g gemaalde wildsvleis

• 2 teelepels vleisspese­ry

(gebruik jou gunsteling)

• 2 knoffelhui­sie, fyngedruk

• 1 brandrissi­e, fyngekap

• 1 teelepel koekmeel

• ½ koppie flou vleisaftre­ksel

• 4 groot aartappels, gekook,

skil afgetrek en fyngedruk

• ’n groot klont botter • varsgerasp­erde neutmuskaa­t

Só maak jy

1 Verhit die botter en olie saam en braai die spek daarin tot bros. Skep dit uit, maar behou die vet in die pot. Braai nou die sampioene tot mooi bruin. Skep die sampioene uit en braai die maalvleis saam met die vleisspese­ry bruin. Breek die maalvleisk­lonte deurgaans met ’n spaan sodat dit korrelrig word.

2 Roer nou die knoffel, brandrissi­e en koekmeel by. Braai dit vir twee minute, skep die spek en sampioene terug in die pot en giet die aftreksel by. Laat dit vir sowat 15 minute prut tot die mengsel lekker geurig en dik is. (Die rede vir die “flou” aftreksel is sodat die gereg nie uitermate sout is nie. Indien verkies, kan jy vir afwisselin­g die aftreksel met geblikte tamatie vervang.)

3 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Geur die kapokaarta­ppel met sout en peper. Skep die vleisvulse­l in ’n vuurvaste oondbak, gevolg deur ’n laag kapokaarta­ppels. Stip die bolaag met botter en rasper ’n bietjie neutmuskaa­t oor. Bak die pastei vir 30 minute of tot die aartappel oraloor mooi bruin puntjies het en die sous langs die kante opborrel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa